Return to search

Die vertaling in Afrikaans van Portrait with keys deur Ivan Vladislavic, as verryking van die doelkultuur

Thesis (MPhil)–Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: A suitable South African literary text is translated from English to Afrikaans to investigate the possibility of enriching the target culture, although literary translations from English have a limited readership in Afrikaans. The choice of Portrait with Keys by Ivan Vladislavić as source text is motivated in a discussion of its relevance to the target culture, and of its intrinsic literary merit. Enrichment of the target culture is defined within the context of the hermeneutic approach in translation studies. The interpretation of the source text and the role of the translator is emphasised, as seen in Steiner’s account of the hermeneutic motion and Venuti’s views on the visibility of the translator and cultural filtering. Lewis’s concept of abusive fidelity is considered, and ultimately Bandia’s proposed aim of achieving balance, or a middle course between foreignising and domesticating offers an attainable strategy. The annotation of the practical translation of a selection of texts from Portrait with Keys shows that a strategy of foreignisation, of rendering the characteristics of the source texts as closely as possible in the target text, is continually balanced by the translator with a strategy of domestication, in other words creating an idiomatic, accessible target text. / AFRIKAANSE OPSOMMING: ’n Geskikte Suid-Afrikaanse literêre teks word uit Engels in Afrikaans vertaal om die moontlikheid te ondersoek dat die doeltaal daardeur verryk kan word, hoewel literêre vertalings uit Engels ’n beperkte leserstal het. Die keuse van Portrait with Keys deur Ivan Vladislavić word gemotiveer deur ’n bespreking van die toepaslikheid daarvan binne die doelkultuur, en die intrinsieke literêre meriete van die teks. Die verryking van die doelkultuur word binne die konteks van die hermeneutiese benadering in vertaalstudies bespreek. Die interpretasie van die bronteks en die rol van die vertaler word voorop gestel, soos blyk uit Steiner se uiteensetting van die hermeneutiese handeling en Venuti se beskouings oor die sigbaarheid van die vertaler en kulturele filtering. Lewis se konsep van weerstandige getrouheid, abusive fidelity, word oorweeg en uiteindelik bied Bandia se klem op die bereiking van balans, of ’n middeweg tussen veruitheemsing, of foreignisation, en verinheemsing, of domestication, ’n uitvoerbare strategie. Die annotasie van die praktiese vertaling van ’n seleksie van tekste uit Portrait with Keys toon dat ’n strategie van veruitheemsing, deur die kenmerke van die bronteks so getrou moontlik in die doelteks weer te gee, deurgaans deur die vertaler opgeweeg word teen ’n strategie van verinheemsing, dit wil sê die daarstelling van ’n idiomatiese, toeganklike doelteks.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/96039
Date12 1900
CreatorsAalbers, Johanna Margaretha
ContributorsVan Niekerk, M., Feinauer, A. E., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Afrikaans and Dutch.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format263 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0021 seconds