Return to search

Geskeide vroue se ervarings en persepsies van hul aanpassing in die post-egskeidingsfase

Thesis (M Social Work)--University of Stellenbosch, 2007. / ENGLISH ABSTRACT: The aim of this study is to gain understanding of the perceptions and experiences of
divorced women in the postdivorce phase, with specific reference to rural divorcees.
During intervention with divorced women the social worker ought to be informed
about the needs of divorcees, as well as be skilled to deal with the trauma of divorce.
It is therefore necessary to understand how women experience the post-divorce
process.
The Systems, Ecological, Strengths and Feminist Perspectives are used as a frame
of reference to understand the adaptation of divorced women. First, a study of
relevant literature is undertaken which presents a broad review of the process of
divorce; divorce as a mourning process, as well as the influence of divorce on the
women and children. Attention is also devoted to literature on the adaptation of
women in the post-divorce phase. Second a qualitative, phenomenological research
subject is chosen to explore the experiences and perceptions of divorced women’s
adaptation during the post divorce-phase. Factors which obstruct adaptation, as well
as factors which stimulate personal growth, came to light during the empirical
research.
Four themes unfolded from the research. The first theme relates to tension: tension
regarding finances; tension regarding health; tension arising from the overloading of
roles and tension resulting from the relationship with the ex-husband, as well as how
divorce is experienced int the rural areas. The second theme deals with spirituality:
divorce as a spiritual crisis; deepenig spirituality; spirituality in the shaping of identity
and facilitating to a large extent the mourning process. In the third theme various
sources of support are discussed, while the fourth theme focuses on the positive
side of divorce, namely personal growth.
The before mentioned themes contain the challenges divorced women experience
during the post-divorce phase. Recommendations focus on post-divorce intervention
which are aimded to relief stress, strengthen spirituality, to obtain knowledge of
supportsystems in the community, and also to stimulate the process of personal
growth. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie het ten doel om geskeide vroue se persepsies en ervarings van hul
aanpassing in die post-egskeidingsfase te verstaan, met spesifieke verwysing na die
plattelandse geskeide vrou. Tydens intervensie met geskeide vroue behoort die
maatskaplike werker vaardig en goed ingelig te wees ten opsigte van die behoeftes
wat geskeides ervaar, daarom is dit noodsaaklik om te verstaan hoe geskeide
vrouens die proses ervaar.
As praktykraamwerk is die Gesinsisteem-, Ekologiese, Sterkte- en Feministiese
Perspektief gebruik om die aanpassing van geskeide vroue te verstaan. Eerstens is
‘n literatuurstudie onderneem wat ‘n breë oorsig oor die proses van egskeiding,
egskeiding as rouproses asook die invloed van egskeiding op die vrou en kinders
bied. Aandag is ook gegee aan die aanpassing van die vrou in die postegskeidingsfase.
Tweedens is ‘n kwalitatiewe, fenomenologiese navorsingsontwerp
gekies om die ervarings en persepsies van vyf geskeide vroue uit verskillende
plattelandse dorpe se aanpassing in die post-egskeidingsfase te eksploreer. Faktore
wat die aanpassing strem, asook faktore wat persoonlike groei stimuleer, het uit die
empiriese navorsing na vore gekom.
Vier temas het uit hierdie navorsing ontspring. Die eerste tema hou verband met
spanning: Finansiële spanning, spanning oor gesondheid, spanning wat ontstaan uit
die oorbelading van rolle, spanning oor die verhouding met die gewese man, en die
plattelandse ervaring. Die tweede tema handel oor spiritualiteit: egskeiding is ‘n
spirituele krisis, dit bring spirituele verdieping, spiritualiteit help met identiteitsvorming
en fasiliteer in ‘n groot mate die rouproses. In die derde tema word verskeie
ondersteuningsbronne bespreek, terwyl die vierde tema ook die positiewe kant van
egskeiding uitlig, naamlik persoonlike groei.
Bogenoemde temas vervat die behoeftes wat geskeide vroue tydens die
aanpassingsperiode na egskeiding ervaar. Aanbevelings het gefokus op postegskeidingsintervensie
wat daarop gemik is om spanning te help verlig, spiritualiteit
te versterk, ondersteuningsnetwerke in die omgewing te ken en die proses van
persoonlike groei te stimuleer.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/18219
Date12 1900
CreatorsLe Roux, Memry S. (Memry Sharlene)
ContributorsGreen, S., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Social Work.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Formatx, 158 leaves
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0019 seconds