Watter vorm moet die opvoering in die primêre skool aanneem ? Die opvoering in die skool, en veral in die primêre skool word, veral sedert Peter Slade (1959 : 41-57 ens.) en Brian Way (1970 : 2-3 + 6-8 + 186- 189 + 268-269) gewaarsku het teen die gevare van die opvoering, deur baie beoefenaars van skooldrama afgekeur. Daar het in Engeland, Amerika en ook in Suid-Afrika tweespalt begin ontstaan tussen die aanhangers van die sogenaamde formeIe drama en die sogenaamde informele of vrye drama. Daar behoort nie so 'n tweespalt te wees indien die hele aangeleentheid reg benader word nie. (Heathcote soos opgeneem in Hodgson en Banham 1972 : 41). Daar word beoog om in hierdie studie ondersoek in te stel na die moontlike benaderingswyses asook die wenslikheid van die opvoering in die primêre skool. Die doel van hierdie studie is am opnuut te besin oor die waarde wat die skoolopvoering vir die kind kan hê. Ons durf, as opvoeders, die kind nie uitsluit van 'n aktiwiteit wat 'n bydrae tot sy totale ontwikkeling sou kon lewer nie. Daar word dus gehoop om tot 'n herwaardering van die skoolopvoering te kom wat waardevol sal kan wees in die opvoeding van die kind
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:rhodes/vital:2128 |
Date | January 1979 |
Creators | Du Plessis, Philippus Lodewicus |
Publisher | Rhodes University, Faculty of Humanities, Drama |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis, Masters, MA |
Format | 164 leaves, pdf |
Rights | Du Plessis, Philippus Lodewicus |
Page generated in 0.0024 seconds