Return to search

Aspekte van die erotiek in enkele romans van André P Brink

Die doel van hierdie studie is om ondersoek in te stel na aspekte van die erotiek in enkele romans van André P. Brink. Die studie bestaan uit twee afsonderlike dele: genoem 'teorie' en 'praktyk'. In die teoretiese deel sal daar eerstens kortliks gekyk word na 'n definiering van enkele kernbegrippe - onder andere 'seksualiteit', 'erotiek' en 'pornografie'. Daar word nie gepoog om algemeen-geldende definisies te formuleer nie, maar eerder definisies wat nuttig is vir die doel van hierdie studie. Daarna sal ondersoek ingestel word na Brink self se teoretiese formulerings met betrekking tot die erotiek. In die tweede deel sal gekonsentreer word op die erotiek in die praktyk van Brink se romans. Eerstens sal die keuse van romans verduidelik word en dan sal daar oorgegaan word tot 'n bespreking van drie romans: Die ambassadeur (1963), Kennis van die Aand (1973) en 'n Oomblik in die wind (1975). Ten slotte sal die gevolgtrekkings van die studie kortliks saamgevat word (Introduction, p. 1)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:rhodes/vital:3571
Date January 1987
CreatorsMilton, Laura
PublisherRhodes University, Faculty of Humanities, School of Languages
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis, Masters, MA
Format305 leaves, pdf
RightsMilton, Laura

Page generated in 0.0022 seconds