Return to search

Post-Lome handelsverhoudinge tussen Suider-Afrika en Europa.

As dit die doel van handel tussen die EU en Suider-Afrika is om ontwikkeling teweeg te bring, is dit eerstens nodig om te verstaan wat bedoel word met die konsep ontwikkeling en hoe dit beskryf word deur verskillende teorieë. Die aandag in hierdie studie sal slegs val op makroteorieë tot ontwikkeling, vanweë die belang daarvan vir die rol van handel in ontwikkeling. Die verskillende teorieë oor die verband tussen handel en ontwikkeling moet ook ondersoek word. Wat duidelik sal blyk, is dat handel wel ‘n rol het om te vervul in ontwikkeling, en veral armoede-uitwissing en ongelykhede bekamp, maar dat die tipe handelsverhouding bepalend is. Daar is in hoofsaak twee standpunte oor die rol van handel: dié wat vrye handel sien as ‘n bron vir ontwikkeling, en dié wat handel beskou as moontlike ‘n bron vir ontwikkeling, maar nie binne die huidige ekonomiese en politieke wêreldstruktuur nie. Die standpunte verskil dus oor die rol van vrye handel in ontwikkeling. Hierdie studie steun laasgenoemde standpunt; hierdie standpunt sal deurlopend in hierdie hoofstuk en ook breedweg in die verhandeling gemotiveer word (sien ook 2.4 hieronder). Die verskillende handelstrategieë wat gevolg kan word om ontwikkeling te bereik, sal ook bespreek word met oog op die relevansie daarvan vir die tipe handelsverhouding met die EU wat ontwikkeling in Suider-Afrika kan aanhelp. / Prof. C.J. Maritz

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:9447
Date09 June 2008
Creatorsvan Rooyen, Carina
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0016 seconds