Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2013. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Ouers se betrokkenheid by hulle kinders se opvoeding binne ’n vennootskap tussen die huis en die skool het in Suid-Afrikaanse onderwys sedert 1996 toenemend belangrik geword. Ouers is hulle kinders se primêre opvoeders en lê dus die basis vir hul kinders se formele opvoeding. Dit is dus belangrik dat die huis en die skool moet saamwerk as vennote aan die opvoedkundige ontwikkeling van die kind.
Die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996, bevestig die belangrikheid van ‘n vennootskap tussen die huis en die skool, sowel as die noodsaaklikheid dat ouers ‘n bydrae moet lewer tot hulle kinders se opvoeding.
Ten spyte van die waarde wat ouerbetrokkenheid bied, blyk dit asof daar tans steeds min of geen sprake van ouerbetrokkenheid by sommige ouers is nie, veral diegene wie se kinders voorheen-benadeelde primêre plattelandse staatskole bywoon.
Hierdie studie het die navorsing van die mate van ouerbetrokkenheid van veral ongeskoolde, semi-geskoolde en arm, werklose ouers in die opvoeding van hul kinders ten doel. / ENGLISH ABSTRACT: Parental involvement in learners’ education in the form of a partnership between the home and the school has become very important in South-African education since 1996. Parents are the primary educators of their children and thus lay the foundation for their formal education. It is therefore important that the home and school work together as partners in the learners’ educational development.
The South-African Schools’ Act 84 of 1996 confirms the importance of the partnership between the home and the school as well as the necessity of parents to make a contribution to their children’s’ education.
Despite the value of parental involvement, there still seems to be no or a limited degree of involvement of some parents whose children attend former disadvantaged, primary schools in rural areas.
This study aims to research the levels of parental involvement of especially illiterate, semi-literate, poor and unemployed parents in the education of their children.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/79998 |
Date | 03 1900 |
Creators | Jonas, Maria |
Contributors | Heystek, Jan, Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Education Policy Studies. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | af_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | xii, 81 p. : ill. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0022 seconds