Return to search

Reasons for including/excluding learners with permanent mobility impairments in mainstream high schools in East London

Thesis (MHumanRehabSt)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: Internationally, ensuring that all persons, in particular the vulnerable and marginalised, have access to
their human rights is advocated now more than ever. Access to education is one of these rights. For
persons with disabilities, which includes learners with permanent mobility impairments (PMIs),
realising the right of access to education can be achieved through developing an inclusive education
system. This study set out to understand what mainstream high schools in East London consider as
challenges in enrolling and accommodating learners with PMIs, and how decisions are based to
include or exclude these learners.
A cross-sectional, descriptive study, using a mixed methods design and which was exploratory in
nature was used to address the study aim and objectives. The method of inquiry was achieved through
survey research. The study setting was East London, in the Eastern Cape, South Africa. The study
population comprised 21 mainstream high schools in the city, as represented through a member of the
educational staff. Only 12 schools (57%) actually participated in the study. These schools were either
public or independent, English-, Afrikaans-, isiXhosa- or bilingual-medium, single gender or coeducational
schools, with or without learners with PMIs in the school in urban or peri-urban East
London. No sampling was done. Data was collected via e-mail through a self-administered
questionnaire.
It was found that four learners with PMIs were enrolled in the participating schools. The majority of
participating schools did not receive applications from learners with PMIs. The greatest barrier to
inclusion was related to infrastructure challenges. I had the impression that the participants’
understanding of ‘inclusion’ and ‘mainstreaming’ was confused, and it appeared that the main idea
was to mainstream.
Recommendations made for practice include completing access audits of mainstream high schools,
developing human resources, developing consulting services, monitoring the implementation of the
Education White Paper 6, and making global changes in line with inclusion of persons with mobility
impairments. It is hoped that this study might serve as a pilot study for a provincial study in the
Eastern Cape. Such a study should determine the prevalence of learners of high school age with PMIs,and the percentage of these learners in mainstream high schools. Further, it could determine
perspectives regarding inclusion of learners with mobility impairments in mainstream high schools
from all involved stakeholders. A study could also be conducted to determine whether or not, and
why, learners with PMIs apply for enrolment in mainstream high schools. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die internasionale neiging is om te probeer verseker dat alle individue, en spesifiek die wat deel vorm
van marginale groepe, soos mense met gestremdhede, se regte beskerm word. Toegang tot onderwys
is een van dié regte. `n Inklusiewe onderwysstelsel kan help om die reg tot onderwys te verseker vir
persone met gestremdhede, insluitend leerders met permanente mobliteitsgestremdhede. Die doel van
die studie was om vas te stel watter uitdagings hoofstroom hoërskole in Oos-Londen voorsien of
ervaar met die toelating van leerders met permanente mobiliteitsgestremdhede in die skole. Verder
wou die navorser ook vasstel op grond waarvan leerlinge met permanent mobiliteitsgestremdhede in
die skool toegelaat word al dan nie.
`n Beskrywende, dwarssnitstudie was gedoen. Beide kwalitatiewe en kwantitatiewe
navorsingsmetodes is gebruik om te verseker dat die doel van die studie ten volle aangespreek kon
word. Die metode van ondersoek was deur opname-ondersoek behaal. Die studie was in Oos-Londen,
in die Oos-Kaap Provinsie van Suid-Afrika gedoen. Die studiepopulasie het bestaan uit 21
hoofstroom, hoërskole in die stad. Geen steekproefneming was gedoen nie. Twaalf van die skole het
toestemming verleen om aan die studie deel te neem. Data is ingesamel by die 12 skole (57%).
Demografiese eienskappe van die skole het gewissel: daar was openbare en onafhanklike skole,
Engels, Afrikaans, isiXhosa en tweetalige skole, enkelgeslag en gemengde skole, en skole met en
skole sonder leerders met permanente mobiliteitsgestremdhede in stedelike of peri-stedelike Oos
London. Data is ingesamel deur `n vraleys wat deur die deelnemers self voltooi was. Die vraelys is
deur middel van e-pos of per hand by die skole afgelewer.
Die studie het bevind dat daar vier leerders met permanente mobiliteitsgestremdhede in die
deelnemende skole ingeskryf was. Die meerderheid van die deelnemende skole het geen aansoeke van
leerders met permanente mobiliteitsgestremdhede ontvang nie. Volgens die deelnemende skole sal
ontoeganklike infrastruktuur die grootste struikelblok veroorsaak met die toelating van leerders met
permanente mobiliteitsgestremdhede. Voorts wou dit voorkom asof die fokus van skole nie op
inklusiewe onderring was nie, maar eerder op die aanpassing van indivudele leerlinge by die
hoofstroom.Die volgende aanbevelings uit die studie behoort te help om inklusiewe onderrigspraktyke te vestig in
die studie skole: Toeganklikheidsoudits van die hoofstroom hoërskole, ontwikkeling van menslike
hulpbronne, konsultasie met raadgewende dienste, die monitering van die implementering van die
Onderwys-Witskrif 6, en globale veranderinge om persone met mobiliteitsgebreke te akkommodeer.
Verder kan hierdie studie dien as 'n loodsstudie vir 'n soortgelyke provinsiale studie in die Oos-Kaap.
Dié studie kan poog om die prevalensie van leerders met permanente mobiliteistgestremdhede van
hoërskool-ouderdom in die provinsie te bepaal asook watter persentasie van die leerders in
hoofstroom hoërskole is. Voorts kan die studie die perspektiewe van al die betrokke belanghebbendes
bepaal. ‘n Studie kan ook gedoen word om te bepaal of leeders met permanente beperking in
mobiliteit wel aansoek doen vir inskrywing in die hoofstroom hoërskole.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/86239
Date04 1900
CreatorsRoux, Madelein
ContributorsVisagie, Surona, Lyner-Cleophas, Marcia, Stellenbosch University. Faculty of Medicine and Health Sciences. Dept. of Interdisciplinary Health Sciences. Centre for Rehabilitation Studies .
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format92 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.003 seconds