Return to search

Management of district support for higher school productivity

D.Ed. / Die doel met die navorsing was om te bepaal wat konstitueer produktiwiteit in Suid -Afrikaanse skole en in watter mate distriks - amptenare produktiwiteit in skole kan verbeter. Die historiese agtergrond en veranderinge in Suid-Afrika gekoppel aan die tekort van resente navorsing in die veld, het verdere navorsing genoodsaak, ten einde huidige tendense gekoppel aan produktiwiteit binne die Suid-Afrikaanse skool konteks sowel as die distrik te kon identifiseer. `n Literatuurstudie was onderneem ten einde agtergrond te verkry rakende produktiwiteit in skole en distrik se rol daarin. Die ontrafeling van verskeie aspekte rakende produktiwiteit in skoolverband en hoe distriksamptenare produktiwiteitsvlakke in skole kan verhoog was ook nagevors. Die literatuurstudie het die belangrikheid van die skoolbestuurder in sy/haar rol beklemtoon asook die rol van opvoeders in die verbetering van produktiwiteits vlakke in skole. Die literatuurstudie het ook verder die belangrikheid van distriks amptenare en hul ondersteunning in skole beklemtoon, wat aanleiding kan gee tot produktiwiteits verbetering in skole.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:10015
Date11 September 2012
CreatorsMalgas, Winston Burton
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0023 seconds