Suppes beweer dat "All teachers everywhere recognise the help that books give them in teaching students. The day is coming when computers will receive the same recognition. Teachers look on computers as a new and powerful tool for helping them to teach their students more effectively." In hierdie ondersoek word gepoog om op die voordele van die aanwending van een mikrorekenaar as hulpmiddel vir die onderwyser vir die onderrig van wiskunde, te wys. Die belangrikste oorwegings in die ondersoek was: 1. Efektiwiteit van die metode. 2. Bekostigbaarheid van die metode. Die effektiwiteit van hierdie metode van onderrig word hoofsaaklik bepaal deur die geskiktheid van die programmatuur. Programmeringsvaardighede aan die kant van onderwysopgeleide persone versterk hierdie oorweging. Deurdat slegs een mikrorekenaar gebruik word, word deels aan die tweede oorweging, naamllk bekostigbaarheld, voldoen. Programmeringsvaardighede, soos hierbo genoem, kan ook bydra tot die besparing van koste deurdat bogenoemde programmatuur 'intern' ontwikkel word. Die wens word uitgespreek dat hierdie metode van onderrig tot voordeel van die totale leerlingbevolking van die land aangewend sal kan word.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:rhodes/vital:1679 |
Date | January 1992 |
Creators | Mostert, Marthinus Petrus |
Publisher | Rhodes University, Faculty of Education, Education |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis, Masters, MEd |
Format | 98 leaves, pdf |
Rights | Mostert, Marthinus Petrus |
Page generated in 0.0016 seconds