Return to search

Die ontwikkeling en empiriese evaluering van n verduidelikende strukturele sielkundige bemagtigingsmodel

Thesis (MBA)--Stellenbosch University, 2014 / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die navorsingstudie spruit voort uit ʼn dringende behoefte om die faktore te verstaan wat daartoe
bydra dat sekere werknemers meer geneig is om te wil groei en wat organisasies gevolglik kan
doen om werknemers te motiveer en meer te wil ontwikkel.
Etlike faktore gee aanleiding tot ʼntekort aan lynbestuurders en die feit dat die begeerte om te groei
ʼn skaars karaktereienskap by werknemers is. Sekere konstrukte is beheerbaar, terwyl ander nie
beheerbaar is nie. Deur die beheerbare faktore te identifiseer, stel organisasies en bestuurders in
staat om aksieplanne te implementeer om die impak van die konstrukte en die afwesigheid van
sielkundige eienaarskap in die werksplek te verminder. Aksieplanne soos bevordering van
sielkundige eienaarskap mag daartoe lei om die hoeveelheid lynbestuurders te vergroot. Dit sal
bydra om tekorte uit te wis en uitdagende omstandighede die hoof te bied.
Bewese navorsing oor die implementering van ʼn gestruktureerde werknemerbemagtigingsprogram
kan bydra om hierdie uitdaging van die afwesigheid van sielkundige eienaarskap te oorkom. Die
lynbestuurder en sy/haar bevoegdheid is ʼn sleutelrolspeler in sodanige program en die bestuur van
werknemers.
Hierdie studie het ten doel om ʼn bestaande sielkundige bemagtigingsmodel vir lynbestuurders te
herevalueer en addisionele veranderlikes voor te stel wat organisasie-uitkomste soos
werkstevredenheid, werknemerdoeltreffendheid, organisasie-verbondenheid en voorneme om te
bedank beïnvloed. As lynbestuurders en organisasies verstaan watter lynbestuurbevoegdhede
organisasie-uitkomste beïnvloed, asook die manier waarop hierdie bevoegdhede op sodanige
uitkomste inwerk, kan hulle toegerus word om prosesse en programme te formuleer wat tot die
behoud van ʼn vaardigheid in die organisasie kan bydra.
Die studie en die operasionalisering van die sielkundige bemagtigingsbevoegdhede was
onsuksesvol. Die gevolgtrekking word gemaak dat die voorgestelde model gereduseer moes word
en talentbestuur se latente veranderlikes uit die model verwyder moes word. Modelpassing was
swak met betrekking tot die gereduseerde model. Modelspesifieke wysigings wat aangebring is,
was gebaseer op modifikasie-indeksvoorstelle wat uit die data afleibaar was. Met verwysing na die
gewysigde model is goeie passing getoon en ondersteuning van alle fasette en bene gevind. Daar
word aanbeveel dat navorsing oor kruisvalidasie met betrekking tot die gewysigde gereduseerde
model gedoen word.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/97282
Date12 1900
CreatorsLingenfelder, Delmarie
ContributorsSonn, Julian, Stellenbosch University. Faculty of Economic and Management Sciences. Graduate School of Business.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatxi, 88 pages
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0023 seconds