Return to search

n Ondersoek na die stand van transformasie by Media24

Thesis (MPhil) -- University of Stellenbosch, 2004 / ENGLISH ABSTRACT: After 1994, the year in which the first democratic election in the country was held and
which placed South Africa irrevocably on the road to the creation of a new society, many
institutions had to change to adapt to the new circumstances.
All government and private institutions were compelled to adhere to transformation
requirements.
This study investigates the damage to blacks in the period before 1994, as well as
the legal instruments and other regulations of the new government to assist black
empowerment, with a view to creating a more equal society.
The transformation of media institutions is a subject which, up to now, has not yet
been researched thoroughly. This study was undertaken to establish the progress that
has been made by Media24, a Naspers affiliate.
The paper discusses the practical problems surrounding transformation, specifically
those attached to an historic Afrikaans "white" institution like Media24.
The conclusion which was derived at after interviews with top management, is that
the company's leadership has moved into a position where transformation isn't
questioned any more. Practical efforts are now being made to accelerate affirmative
action and transformation.
An audit of Media24 which was completed in 2004, and which is indicative of the
company's achievements according to the transformational charter for black economic
empowerment, was studied. The result shows that Media24 has made excellent
progress in some areas, but has failed to achieve the desired results in others.
Resulting from this, Media24's management began to set specific goals in order to be
able to adhere to certain legal requirements (which includes, amongst others, affirmative
action) within a specific time frame.
Some of the proposals in this study include: That Media24's upcoming leadership
should be measured against its ability to understand the requirements to do business in
a new, diverse society; that more successful communication measurements be instituted
around transformational processes and measurements and that a transformational
ombud be appointed to highlight shortcomings and to help accelerate the process.
The study has not exhausted the subject and, with transformation being an ongoing
process, it is recommended that it be investigated further. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Ná 1994, die jaar waarin die eerste demokratiese verkiesing in die land gehou is en
Suid-Afrika onherroeplik op pad na die skepping van 'n "nuwe samelewing" geplaas is,
sou baie instellings moes verander om by die nuwe omstandighede aan te pas.
Alle staats- en private instellings sou aan transformasievereistes onderhewig wees.
Dié werkstuk ondersoek kortliks die benadeling van swart mense in die tydperk voor
1994 en die wetlike instrumente en ander maatreëls van die nuwe regering om swart
bemagtiging te help versnel en 'n meer gelyke samelewing te help skep.
Die transformasie van media-instellings is 'n onderwerp wat nog nie behoorlik
nagevors is nie en dié studie is aangepak om vas te stel hoe ver Media24, 'n
filiaal van Naspers, gevorder het daarmee.
Die praktiese probleme rondom transformasie word uitgelig, spesifiek dié by'n
histories Afrikaanse "wit" instelling soos Media24.
Die afleiding wat gemaak word uit onderhoude met die topbestuur van Media24 is dat
die maatskappy se leierskap verby die punt is waar transformasie bevraagteken word.
Praktiese pogings word nou aangewend om regstellende aksie maatreëls te versnel en
transformasie vinniger te laat geskied.
'n Oudit van Media24 wat in 2004 uitgevoer is en wat die maatskappy se prestasie
volgens die bemagtigingstelkaart vir swart ekonomiese bemagtiging aandui, is
bestudeer. Die resultaat daarvan het getoon dat Media24 op sekere gebiede van swart
bemagtiging goed vaar, maar op ander gebiede ver agter is.
Media24 se bestuur het na aanleiding hiervan bepaalde teikens begin stelom die
wetlike vereistes, wat onder meer regstellende aksie insluit, binne 'n sekere tydperk na te
kom.
Van die voorstelle in die studie sluit in: dat Media24 se opkomende leierskorps
gemeet word aan die mate waarin hulle die vereistes verstaan om in die nuwe, diverse
samelewing sake te doen, daar groter kommunikasie in die maatskappy moet wees oor
transformasieprosesse- en maatreëls en dat 'n transformasie-ombud aangestel word om
op tekortkominge te wys en die proses te help versnel.
Die studie het nie die onderwerp uitgeput nie en verdere navorsing kan aangepak
word, veralomdat transformasie 'n deurlopende proses is.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/50042
Date12 1900
CreatorsRooi, Jakob
ContributorsRabe, L., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Journalism.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Format73 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0153 seconds