Return to search

Die musiek van die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika (1908-1998)

Thesis (MMus) -- University of Stellenbosch, 2003. / ENGLISH ABSTRACT: The AFM came into being as a result of the Pentecostal Movement, which in turn owes its
existence to the worldwide revivals at the beginning of the twentieth century. The president of
the AFM, Dr. Isak Burger, writes in his book concerning the history of the church: Die
Geloofsgeskiedenis van die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika, that the First
Evangelical Awakening (18th century), the Second Evangelical Awakening (19th century), as
well as the worldwide revivals at the beginning of the twentieth century, had a causal effect on
one another. It goes without saying that the musical practices of these Awakenings would also,
indirectly, influence that of the AFM.
This study serves a twofold purpose. It is just as important to examine the origin and
development of the AFM, as it is to examine internal and external factors that have influenced
its musical practices. The music that has been used during different periods also receives due
attention.
In order to view the AFM in the correct perspective, Chapter 1 deals with the factors leading up
to the origin of the Pentecostal Movement. However, the historical development within the
AFM also receives attention, with special reference to those events which influenced the
practice of church music directly or indirectly.
Chapter 2 includes a history of Church Music since the Reformation, since the Reformers
strove to get the congregation involved into the service of worship. Music practised during the
First and Second Evangelical Revivals, as well as the subsequent revivals at the beginning of
the twentieth century, also receives mention.
The musical practice within the AFM forms the main theme of Chapter 3. Subdivisions of this
chapter reflect historical events within the AFM, the influence of the Charismatic Revival
Movement, the role and function of music during church services, the rendition of music items,
as well as the leading figures who contributed to this practice.
Chapter 4 provides a chronological summary of songbooks used by the AFM since 1908 until
1998, while Chapter 5 presents analyses of the music mentioned in Chapters 2,3 and 4. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die AGS het vanuit die Pinksterbeweging ontstaan, terwyl dié op sy beurt uit die wêreldwye
Ontwakings aan die begin van die twintigste eeu tot stand gekom het. Die President van die
AGS, Dr. Isak Burger, kom in sy boek: Die Geloofsgeskiedenis van die Apostoliese
Geloofsending van Suid-Afrika, tot die gevolgtrekking dat vorige Ontwakings van so ver
terug as die Eerste Evangeliese Ontwaking (18de eeu), die Tweede Evangeliese Ontwaking
(19de eeu), sowel as die wêreldwye Ontwakings aan die begin van die 20ste eeu, in kousale
verband tot mekaar gestaan het. Dit spreek dus vanself dat ook die musiekbeoefening tydens
hierdie Ontwakings indirek 'n invloed op dié van die AGS sou uitoefen.
Hierdie studie is dus tweërlei van aard. Aan die een kant word die nodige aandag aan die
ontstaan, sowel as die geskiedenis van die AGS gegee, terwyl die ontwikkeling van die
musiekbeoefening soos beïnvloed deur interne en eksterne faktore, asook die musiek wat
tydens verskillende tydperke gesing is, ook onder die loep geneem word.
Om die AGS as kerkgenootskap binne die regte perspektief te plaas, begin Hoofstuk 1 met die
vooraf- en ontstaansgeskiedenis van die Pinksterbeweging. Daar word egter ook kortliks aan
die geskiedkundige verloop van gebeure binne die AGS aandag gegee, veral wanneer die
beoefening van kerkmusiek direk of indirek daardeur geraak is.
In Hoofstuk 2 word so ver as die Hervorming teruggegryp m.b.t. kerkmusiekgeskiedenis,
aangesien die Hervormers so 'n belangrike bydrae gelewer het om die gemeente d.m.v. die
kerklied weer by die erediensgebeure betrokke te kry. Daar word egter ook kortliks na musiek
van die reeds genoemde Ontwakings in die 18de, 19de, asook aan die begin van die 20ste eeue
verwys.
Die AGS se musiekpraktyk vorm die hooftema van Hoofstuk 3. Onderafdelings van hierdie
studie sluit o.a. in: bepalende geskiedkundige gebeure binne die AGS, die invloed van die
Charismatiese Herlewingsbeweging, die rol van begeleiers en die begeleiding t.o.v.
gemeentelike same sang tydens byeenkomste en die lewer van musiekitems, asook belangrike
persone wat as leiers na vore getree en belangrike werk verrig het. Hoofstuk 4 bied 'n chronologiese opsomming van liedboeke wat vanaf 1908 tot en met 1998
deur die AGS gebruik is, en in Hoofstuk 5 word ontledings gemaak van musiek wat in
Hoofstukke 2, 3 en 4 bespreek is.
In Bylae 1 word aangedui watter musiek deel van die belangrikste liedbundels, nl. Hymns for
Life and Service, Nuwe Sionsliedere, Evangelieliedere en Deo Gloria uitgemaak het, terwyl
Bylaes 2 en 3 volledige bladmusiekvoorbeelde van ontledings van onderskeidelik vroeëre en
hedendaagse musiek bevat.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53383
Date03 1900
CreatorsNel, Johanna Adriana Maria
ContributorsGrové, I., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of Music.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format252 leaves ; music
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0084 seconds