Return to search

Die rol van die eie ouer in die hersaamgestelde gesin

Text in Afrikaans / Die herscomgestelde gesin word in hierdie navorsingstudie ondersoek as 'n
kompleksa alternatiewe gesinstruktuur met eiesoortige strukturele kenmerke,
probleemarecs en rituele wat nie aan die norm von die kerngesin ontleen kan
word nie. In die literotuuroorsig word hierdie aspekte van nader beskou en tot die
gevolgtrekking gekom dot die belangrike rol van die eie ouer in die
hersoomgestelde gesin grootliks misgekyk word. Die verbondenheid van die eie
ouer aan beide die ouer-kind- en die nuwe egpoorsisteme mack ditvir hom/hoar
moontlik om 'n sleutelrol te vervul tydens gesinsinteroksies, eenheidsvorming en
die opvoedingsgebeure in die hersoamgestelde gesin. Dit is moontlik vir die eie
ouer om vanuit 'n unieke posisie as 'n buffer te dien in die problemotiese
stiefouer-stiefkindverhoudinge. Hierdie maontlikheid bestaon egter slegs indien
die eie ouer oor voldoende kennis, insig en voardighede beskik.
'n Uitgebreide kwalitatiewe ondersoek aan die hand van semi-gestruktureerde
onderhoude met die lede van ses hersaamgestelde gesinne het die volgende
tendense aan die lig gebring:
• Eie overs verwag van nuwe egliede om kinders in die hersaamgestelde
gesin uit die staanspoor te aanvoor en lief te he.
• Eie overs koester konflikterende gevoelens ten opsigte van die
dissiplinering van hul kinders deur die stiefouer.
• Eie ouers, sfiefouers en kinders in hersaamgestelde gesinne goon dikwels
gebuk onder d\e los van onverwerkte gevoelens van verdriet en verlies.
• Die hantering van finansies ten opsigte van inwonende eie en stiefkinders,
asook nie-inwonende kinders en vorige egliede skep spanning en
bemoeilik goeie verhoudinge.
• Eie ouers is dikwels so verdeeld tussen die belange van nul kinders en die
van hul nuwe moats dot hulle dit moeilik vind om in 'n tweede huwelik 'n
betekenisvolle verhouding met hul nuwe lewensmaat op te bou.
Genoemde tendense het 'n bepolende rol gespeel in die ontwikkeling von 'n
begeleidingsprogram vir eie ouers. Agt sessies met doelwitte geboseer op hierdie
probleemoreas is gestruktureer om die eie ouer met noodsaaklike kennis en
vaardighede toe te rus ten opsigte van harmoniese verhoudingstigting en
-onderhouding in hersaamgesfelde gesinne. Die begeleidingsprogram is deur
middel van 'n fokusgroeponderhoud aan die evaluering von vier ouerpare in
hersaamgestelde gesinne onde&Werp en is aon die hand van hul aanbevelings
verfyn en gefinaliseer. / Educational Studies / D. Ed.(Psychology of Education)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:umkn-dsp01.int.unisa.ac.za:10500/914
Date01 January 2002
CreatorsKruger, Barend Johan
ContributorsPrinsloo, E.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (vii, 233, 9 leaves)

Page generated in 0.0027 seconds