Text in Afrikaans / Hierdie verhandeling bied 'n illustrasie van hoe 'n ekosistemiese verwysingsraamwerk benut is in 'n gevallestudie waar terapie met 'n gesin gedoen is. Twee ekosistemiese konsepte is benut om die gevallestudie mee te bespreek. Hulle is: die taaldeterminering van die terapeutiese sisteem soos deur Anderson & Goolishian (1988) beskrywe: en die terapeutiese formula: stabiliteit/verandering/betekenisvolle geraas van Keeney & Ross (1985).
Die waarde van die taaldeterminering van 'n sisteem is die insig dat 'n sisteem (soos 'n gesin) nie die terapeutiese sisteem bepaal nie, maar dat 'n probleem 'n sisteem bepaal. Die sisteem bestaan solank daar betekenisgewing in daardie sisteem plaasvind. 'n Terapeutiese sisteem kan dus beskryf word as 'n probleem-gedetermineerde en probleem-oplossende sisteem. Die terapeutiese veranderingsproses bestaan uit 'n ko-konstruksie van idees/betekenisse, wat ook die ko-konstruksie van nuwe realiteite vir almal in die terapeutiese sisteem moontlik maak. Daar is in die aanbevelings toepassingsmoontlikhede vir die ekosistemiese benadering vir die maatskaplikewerk-praktyk en maatskaplikwerk-navorsing aangedui. / This thesis presents an illustration of how an ecosystemic perspective was used in a family therapy case study. Two ecosystemic conceptes were used to discuss the case study. They are: the language determination of the therapeutic system as described by Anderson & Coolishian (1988): and the therapeutic formula: stability/change/meaningful noise as used by Keeney & Ross (1985). The value of the language determination of the system is that a system (such as a family) does not determine the therapeutic system but that the system is determined by a problem. The system exists as long as meaning is given by that system. A therapeutic
system can therefore be described as a problem-determined and a problem-solving system. The therapeutic change is a process of co-construction of ideas/meaning that simultaneously makes the co-construction of
new realities possible for all members of the therapeutic system. In the recommendations, possible applications of the ecosystemic perspective in social work practice are indicated. / Social Work / M.A. (Sosiale Wetenskappe (Geestesgesondheid))
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/17921 |
Date | 01 1900 |
Creators | Conradie, Anna |
Contributors | Schenck, C. J., Collins, K. J. |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | Unknown |
Type | Dissertation |
Format | 1 online resource (11 unnumbered leaves, 97 leaves) : illustrations |
Page generated in 0.0022 seconds