Return to search

'n Leerder met fetale alkohol sindroom in hoofstroomonderwys : die rol van die opvoedkundige sielkundige

Thesis (MEdPsig)--University of Stellenbosch, 2006. / ENGLISH ABSTRACT: The research in this qualitative study focuses on the role of the Educational
Psychologist in facilitating inclusion of a learner with Fetal Alcohol Syndrome (FAS).
The international movement towards inclusive education, with emphasis on the
inclusion of all learners irrespective of their special needs in mainstream schools,
gained momentum in the South African context with the announcement of Education
White Paper 6, Special Needs Education: Building an Inclusive Education and Training
system.
More learners with FAS are accommodated in mainstream schools and research has
indicated that most cases of FAS in the world prevailed in the Western Cape. FAS is
one of the leading causes of mental retardation and the challenges which the inclusion
of learners with FAS pose to those who have to facilitate inclusive education, has urged
this study. The study seeks to explore the role of the Educational Psychologist in the
process of facilitating inclusion of a learner with FAS.
An eco-systemic approach underpins the study. A single learner with FAS within the
context of the family and education system was chosen by means of purposive
sampling as the focus of a qualitative, case study. The eco-systemic approach makes it
possible to explore special needs in terms of intrinsic factors (within the learner) and
extrinsic factors (within the system) in order to address the needs of the system. Semistructured
interviews were held with respondents from different levels of the eco-system
in which the learner functions. A review of personal records and field notes were used
to gather information related to the education and learning process. The data were
analysed using aspects of content analyses. Four themes emerged: support to the
learner, support to the school, support to the parents and support to the school
community.
The findings indicated that the inclusion of learners with FAS predicts a change and an
expansion in the role of the educational psychologist. Early identification, early
intervention and a multi-functional team approach seem to improve the long-term
prognoses of learners with FAS. The facilitation of inclusive education for learners with
FAS poses a challenge to the educational psychologist to render individual support, but
also to provide support in a holistic systemic manner, focusing on those who work and
live with the individual learners. The learning, behaviour and developmental barriers
which learners with FAS may experience were highlighted with the hope to guide those
who work with these learners. Several positive and negative factors were indicated and
recommendations were made. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie kwalitatiewe studie fokus op die rol van die Opvoedkundige Sielkundige in die
fasilitering van inklusiewe onderwys aan 'n leerder met Fetale Alkohol Sindroom (FAS).
Die internasionale beweging na inklusiewe onderwys, wat die insluiting van alle
leerders, ongeag hulle spesiale behoeftes, by hoofstroomskole onderskryf, het ook in
Suid-Afrika neerslag gevind met die uitreiking van die Onderwys Witskrif 6, Special
Needs Education: Building an Inclusive Education and Training System.
Meer leerders met FAS word by hoofstroomskole ingesluit en navorsing het getoon dat
die voorkomssyfer van FAS in die Wes-Kaap die hoogste ter wêreld is. Die feit dat FAS
tans een van die vernaamste oorsake van verstandelike gestremdheid is, en die
uitdagings wat die insluiting van leerders met FAS aan diegene wat inklusiewe
onderwys moet fasiliteer bied, het hierdie navorsingsondersoek genoop. Die doel van
hierdie studie is om 'n in diepte ondersoek te doen na die rol van die Opvoedkundige
Sielkundige in die fasilitering van inklusiewe onderwys aan 'n leerder met FAS.
'n Ekosistemiese benadering het die teoretiese raamwerk van die studie gevorm. 'n
Enkele leerder met FAS is binne die konteks van sy familie en die onderwyssisteem,
met behulp van doelgerigte steekproefneming, gekies om die fokus van die
kwalitatiewe gevallestudie te vorm. Die ekosistemiese benadering maak dit moontlik om
spesiale behoeftes ten opsigte van faktore wat primêr by die leerder (intrinsiek)
voorkom, sowel as faktore wat in die sisteem (ekstrinsiek) voorkom, te ondersoek en te
verseker dat die behoeftes van die sisteem aangespreek word. Semi-gestruktureerde
onderhoude is gevoer met respondente uit die verskillende vlakke van die ekosisteem
waarbinne die leerder funksioneer. 'n Oorsig van persoonlike rekords en verslae asook
veldnotas is gebruik om inligting oor die leerder, die onderrig en die leerposes te
bekom. Inhouds-analise is gebruik om die data te analiseer. Vier temas het uit die data
na vore gekom, naamlik: ondersteuning aan die leerder, ondersteuning aan die skool,
ondersteuning aan die ouers en ondersteuning aan die skoolgemeenskap.
Die bevindinge dui daarop dat die insluiting van 'n leerder met FAS 'n roluitbreiding en
'n veranderende rol vir die Opvoedkundige Sielkunde in die vooruitsig stel. Vroeë
identifikasie, vroeë intervensie en 'n multi-funksionele spanbenadering kan die
langtermyn prognose van leerders met FAS verbeter. Die rol wat die Opvoedkundige
Sielkundige op die verskillende vlakke van die ekosisteem kan speel, ten einde
inklusiewe onderwys aan 'n leerder met FAS te fasiliteer, lê opgesluit in die mate
waarin geïndividualiseerde, maar tog ook holisties omvattende ondersteuning aan
diegene wat met hierdie leerders werk, gelewer kan word. Uit die bevindinge het
suksesvolle en minder suksesvolle aspekte duidelik geword. Dit het daartoe bygedra
dat die leer-, gedrag- en ontwikkelingshindernisse, sowel as die sterkpunte van die
leerder met FAS, duidelik geword het en wenke vir toekomstige gebruik verbesonder
kon word. Op grond van die bevindinge en aan die hand van literatuur is aanbevelings
gemaak.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/21992
Date04 1900
CreatorsVisagie, Gert
ContributorsDaniels, D., Perold, M., Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Educational Psychology.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format100, 9 leaves : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0027 seconds