Return to search

'n Ondersoek na die funksie van die verteller ten opsigte van die aktualiteit en romanwêreld in sommige Afrikaanse romans

Een van die fundamenteelste en belangrikste aspekte van 'n roman is die verteller. Die verhouding waarin die verteller tot die verhaalstof staan, die verteller se perspektief op die gebeure, die soort verteller en die manier waarop die verteller sy implisiete leser deur die organisasie van die verhaal definieer en betrek is almal bepalende faktore vir die struktuur, die styl en die ontwikkelingsgang van die roman. Joseph T. Shipley (1966:144) stel die saak so: "In die analysis of a speech or literary composition, nothing is more important than to determine precisely the voice or voices presented as speaking and the precise nature of the address (i.e. specific direction to a hearer, an addressee); for in every speech reference to a voice or voices and implication of address (i.e. reference to a process of speech, actual or imagined) is a part of the meaning, for the interpretation of which it supplies an indispensable control ".

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:rhodes/vital:3620
Date January 1983
CreatorsGoosen, Ella Johanna
PublisherRhodes University, Faculty of Humanities, School of Languages
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis, Masters, MA
Format160 leaves, pdf
RightsGoosen, Ella Johanna

Page generated in 0.0021 seconds