Return to search

'n Besluitnemings ondersteuningsmodel vir die bepaling van die mees geskikte wisselboustelsel-ritme vir gemengde graanboerderye in die Koeberg

Weens die unieke eiesoortigheid van die mens is sy behoeftes vanselfsprekend uiters divers. Wat vir die een persoon prioriteit is, mag vir sy buurman geensins belangrik wees nie. Dit is egter ook ’n gegewe, dat die mens heelwat gemeenskaplike ervarings, emosies en behoeftes deel. Een hiervan is die behoefte wat hy het om te weet dat die besluit wat hy gaan of wil neem die regte een binne die konteks van sy keuse mag wees. Die woord ‘behoefte’ kan waarskynlik in hierdie geval vervang word met die begrip ‘genade’. Sonder om 'n platvorm vir debat te skep, word die stelling gehandhaaf dat ‘genade’ slegs van die Skepper afkomstig is. Met hierdie stelling as agtergrond was dit 'n minder aangename ervaring om vir feitlik twintig jaar te moes toekyk hoe koringboere hul besluite, veral met betrekking tot die samestelling van wisselboustelsels, moes neem, klaarblyklik in totale gebrek aan die gawe van ‘genade’. Nodeloos om te sê, met gepaardgaande negatiewe gevolge. Die meer gemaklike verontskuldiging is om te redeneer dat ons Skepper relatief suinig is met die uitdeel van sy ‘genade’. Alvorens die begrip van Prediker 10:10 nog nie ten volle begryp is nie, kan so 'n stelling dalk makliker gemaak word. Hierdie gedeelte uit die Skrif sê in werklikheid die teenoorgestelde – dat God baie vrygewig is met Sy ‘genade’, maar dat die mens sy gesonde verstand moet gebruik om dit ten volle te benut. Die wens is dat hierdie studie, 'n deel sal uitmaak van die proses om die byl skerp te maak om sodoende die houtkap-proses effektief uit te voer.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:nmmu/vital:10948
Date January 2001
CreatorsPotgieter, F J
PublisherPort Elizabeth Technikon, Department of Agricultural Management
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis, Masters, MTech
Formatvi, 59 leaves, pdf
RightsNelson Mandela Metropolitan University

Page generated in 0.0021 seconds