Return to search

Riglyne vir 'n groepsterapeutiese program gerig op adolessente in 'n rouproses (Afrikaans)

Die doel van hierdie navorsingstudie is om riglyne vir 'n groepsterapeutiese program te ontwikkel waarin adolessente in rou (in besonder na die afsterwe van 'n betekenisvolle ander) die geleentheid kry om hul emosies rondom sterwe en rou te verwerk. In 'n omvattende literatuurstudie is bestaande teorieë aangaande die ontwikkelingsfase adolessensie, rou-, verdriet- en verliesreaksies asook terapeutiese groepe en groepsprogramme, bespreek. Die navorsingsprosedures is vervolgens bespreek gedurende die eerste en laaste sessies is vir die doel van evaluering 'n persoonlike vraelys, die Beck Depressie-vraelys en spesifieke T.A.T.-kaarte aan die groeplede voorgelê. Die groepsprosedures is op oudioband opgeneem vir analise en interpretasie van prosesnotas. Die verwerking van die data wat ingesamel is, is kwalitatief ontleed. Elf Afrikaanssprekende adolessente is op 'n hoërskoolkamp genader om vrywillig aan die program deel te neem. Vyf het aan die program deelgeneem. Die studie het die volgende resultate opgelewer:

Groepsterapie en die -programme beinvloed die emosionele verliese van adolessente in rou.

Groepsterapie en die -programme dra by tot die konstruktiewe vermindering van gevoelens van rou, verlies en gepaardgaande depressie by adolessente.

Groepsterapie dra by tot 'n adolessent se hernude ingesteldheid op hoop en die toekoms.

Op grond van hierdie bevindings word riglyne vir 'n groepsterapeutiese program vir adolessente in rou voorgestel. ENGLISH : The purpose of this research study is to develop guidelines for a group therapy programme for adolescents in mourning (especially after the death of a significant other). The programme offers an opportunity to come to terms with emotions relating to death and bereavement. In a comprehensive literature study of existing theories regarding the development phase of adolescence, mourning-, grief- and loss reactions as well as therapeutic groups and group programmes are discussed. The research procedures are subsequently discussed. For evaluations purposes a personal questionnaire, the Beck Depression questionnaire as well as specific T.A.T. cards were submitted to the group members at their first and final sessions. Audio tapes were used during the group procedures. The processing of the collected data was analysed qualitatively. Eleven Afrikaans speaking adolescents were approached at a high school camp to participate in the programme on a voluntary basis. Five of them participated. The following results were obtained from the study:

Group therapy and the -programme influence the emotional losses of adolescents in the process of mourning.

Group therapy and the -programme alleviate feelings of grief, loss and depression in adolescents.

Group therapy contributes to an adolescents' renewed feelings of hope and the future.

On the basis of these findings guidelines for a group therapy programme for adolescents in mourning are suggested. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 1997. / Psychology / unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/30436
Date19 February 2013
CreatorsFourie, Anna Margaretha
ContributorsBeyers, Dave, upetd@up.ac.za
PublisherUniversity of Pretoria
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Rights© 1997 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria

Page generated in 0.0022 seconds