Return to search

Social workers perspectives on social support needed by people living with HIV/AIDS

Thesis (M Social Work)--Stellenbosch University, 2014. / ENGLISH ABSTRACT: The South African government has laws and policies that forbid discrimination against
individuals. These policies protect people from being discriminated against in the workplace
due to sickness, race and many other factors. Discrimination against people living with
HIV/AIDS has caused many people who suffer from this disease not to come forward with
their illness because they fear being discriminated against and stigmatised; some even lose
their jobs because they are infected with HIV. People infected with HIV are discriminated
against not only in the workplace but also in their communities and families. This implies that
people living with HIV/AIDS need support from all levels of society in order to live positive
lives, which may lead infected people to live longer.
This study explored HIV/AIDS as terminal illness and the stressors experienced by people
infected with the virus. This was done by examining the support available to people living
with HIV/AIDS, as well as identifying the support needed by these people. By adopting an
ecological approach to the study, the need for support could be investigated on multiple
levels.
A combination of a quantitative and qualitative research design was used in the study. Data
were gathered by means of a semi-structured interview schedule that was administered during
individual interviews with service providers. This allowed for data that were both measurable
as well as rich in description to be collected. The questions in the semi-structured
questionnaire were based on the information retrieved from the literature review. The findings from the empirical investigation revealed that people living with HIV/AIDS
receive limited support from their families, the South African government and society at
large. The findings further indicated that informal sources of support such as family, friends
and partners are relatively supportive of people living with HIV/AIDS. However, the
relationships between people living with HIV/AIDS and their families and partners are often
strained, especially when a person first discovers his or her status as HIV positive.
Furthermore, people living with HIV/AIDS are stigmatised on multiple levels because of their status. There is stigmatisation from family, friends, in the workplace and in the
community.
The most important recommendations resulting from the study are that services such as
counselling are needed for people living with HIV/AIDS together with their families. This is
of particular significance to the South African government, especially the health sector,
which needs to improve the health care system.
In addition, recommendations emphasise the importance of promoting education and
awareness, which could have great value for people living with HIV/AIDS, their families and
communities. Knowledge about HIV/AIDS would empower people at all levels to support
those who live with the disease and would also be of great value in helping those living with
the disease to contribute something of value towards their health condition. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Suid-Afrikaanse regering beskik oor wette en beleide wat diskriminasie teen individue
verbied. Hierdie wette en beleide beskerm mense teen diskriminasie in die werkplek,
diskriminasie op grond van siekte, gestremdheid, ras en vele ander redes. Diskriminasie teen
mense wat met MIV/vigs leef, laat baie van hulle hul MIV/vigs-status geheim hou omdat
hulle diskriminasie en stigmatisasie vrees. Sommige verloor selfs hulle werk wanneer dit
rugbaar word dat hulle aan MIV/vigs ly. Diegene met MIV/vigs ervaar egter nie net in die
werkplek diskriminasie nie, maar ook in hul gemeenskappe en families. Dít impliseer dat
mense met MIV/vigs op alle vlakke ondersteuning nodig het om ’n positiewe lewe te lei en
daarmee hul lewensverwagting so ver moontlik te verleng.
Hierdie studie het die stresfaktore van terminale MIV/vigs-lyers ondersoek. Daar is voorts
ondersoek ingestel na die ondersteuning wat mense met MIV/vigs ontvang, sowel as die
ondersteuning wat hulle nodig het. MIV/vigs-lyers se ondersteuningsbehoeftes op etlike
vlakke is deur middel van ’n ekologiese navorsingsbenadering bepaal.
’n Kombinasie van ’n kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsingsmetodologie is vir die studie
gebruik. Data is met behulp van ’n semigestruktureerde vraelys ingesamel, wat gedurende
individuele onderhoude met diensverskaffers afgeneem is. Sodoende kon meetbare sowel as
hoogs beskrywende data ingesamel word. Die vrae in die semigestruktureerde vraelys was
gegrond op die inligting uit die literatuuroorsig. Die bevindinge van die empiriese ondersoek toon dat mense wat met MIV/vigs leef beperkte
ondersteuning van hul familie, die Suid-Afrikaanse regering en die groter samelewing
ontvang.
Die bevindinge dui voorts daarop dat informele ondersteuningsbronne, soos familie, vriende
en lewensmaats, betreklik ondersteunend is teenoor diegene met MIV/vigs. Tog is die
verhouding tussen MIV/vigs-lyers en hul families en lewensmaats ook dikwels onder druk,
veral net nadat die persoon ontdek dat hy/sy MIV-positief is. Daarbenewens word mense met MIV/vigs op verskeie vlakke gestigmatiseer – deur hul
familie, vriende, in die werkplek en die gemeenskap.
Die belangrikste aanbeveling uit die studie handel oor die behoefte aan dienste soos berading
vir mense wat met die virus leef, sowel as vir hul familie. Die aanbeveling behoort veral van
belang te wees vir die Suid-Afrikaanse regering, en in die besonder die gesondheidsektor, wat
hierdie behoefte in gedagte moet hou om die gesondheidsorgstelsel te verbeter.
Ander aanbevelings beklemtoon die belang van meer opvoeding en bewusmaking, aangesien
dit uiters waardevol kan wees vir mense met MIV/vigs, hul familie en gemeenskappe. Kennis
oor MIV/vigs sal mense op alle vlakke bemagtig om diegene met die virus te ondersteun,
terwyl dit MIV/vigs-lyers self ook sal help om hul eie gesondheidstoestand beter te bestuur.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/86481
Date04 1900
CreatorsKulu, Joyce Aliendar Nomvuyo
ContributorsGreen, Sulina, Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Social Work.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatxiii, 121 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0028 seconds