Return to search

Kabaret as moontlike teatervorm vir sangers met 'n klassieke sangorientasie

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2008. / ENGLISH ABSTRACT: This study was initiated to gain insight into cabaret as a form of theatre for the
migration of singers with a classical singing orientation. It researches a form of
music theatre known as entertainment cabaret, which is individual by nature, as it
is not bound by convention.
The study entails a discussion of the nature of cabaret as a diverse form of
theatre. It illustrates the role of the artist and the genre’s music style in
researching structure, to determine differences and similarities in the frameworks
of cabaret and opera, with specific reference to classical singing.
Currently there is an abundance of musical theatre genres, and cabaret is not
differentiated as an individual genre. This leads to problems in the definitive
classifying of cabaret, as well as the bridging of a singer with a classical singing
orientation migrating to cabaret.
The study researches the concept of, and reasons for, this migration in South
Africa. The qualitative research method, which makes use of in-depth interviews
to gain insight, generated a wealth of information about the realities in South
Africa. This method introduces a new method of acquiring information, where the
changes of the last few years had a tremendous impact on the careers of
performing artists in South Africa. For this reason, artists with a classical singing
orientation must have a choice to take action; to generate their own opportunities.
The main findings and the need for multi-talented artists to adapt to the different
styles of genres were analysed in the theoretical section, followed by a
discussion of the respondents’ feedback selected to contribute to this study. The
gap in skills between the cabaret artist and the classical singer is identified to
showcase and define the possibility of cabaret as a form of theatre for classical
singers. New categories are generated in which ideas of how development can
be adapted are laid out. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie is om insig te verkry in kabaret as moontlike
teatervorm vir die migrasie van sangers met ’n klassieke sangoriëntasie. Dit
ondersoek die vermaaklikheidsvorm kabaret, ’n eiesoortige vorm van
musiekteater deurdat dit nie deur konvensies begrens word nie.
Die studie behels ’n bespreking van die aard van kabaret as diverse teatervorm,
en illustreer die rol en vaardighede van die kabarettis asook die genre se
musiekstyl om die ooreenkomste en verskille in die raamwerk van kabaret en
opera, met betrekking tot klassieke sangoriëntasie, te ondersoek.
Tans oorvloei die musiekteatergenres, en word kabaret nie as eiesoortige genre
onderskei nie. Dit maak die onderskeid van kabaret, asook die oorbrugging van
’n klassieke sanger wat na kabaret migreer, uiters problematies.
Die studie stel ondersoek in na die konsep van en redes vir die migrasie van
sangers met ’n klassieke sangoriëntasie na kabaret in Suid-Afrika. Die
kwalitatiewe metode, wat met behulp van diepte-onderhoude insig verkry, het ’n
magdom inligting oor die werklikhede in Suid-Afrika opgelewer. Hierdie
metodologie is ’n nuwe manier om inligting in te samel, veral in die lig van
veranderinge in die laaste paar jaar in die land, wat ’n geweldige impak op die
loopbaan van Suid-Afrikaanse uitvoerende kunstenaars gehad het. Kunstenaars
met ‘n klassieke sangoriëntasie moet kan kies om tot aksie oor te gaan; om hulle
eie geleenthede te genereer.
Die hoofbevindinge en die behoefte dat veelsydige kunstenaars by verskillende
genrestyle moet kan aanpas word in die teoretiese afdeling ondersoek, gevolg
deur ’n bespreking van die respondentterugvoering wat vir die doel van die studie
geselekteer is. Die gaping tussen die vaardighede van die kabarettis en klassieke
sanger word geïdentifiseer om sodoende die moontlikheid van kabaret as
teatervorm vir klassieke sangers te definieer. Nuwe kategorieë word geskep waarin idees vir die moontlike aanpassing van
ontwikkeling neergelê word.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/21737
Date03 1900
CreatorsDe Villiers, Jacobi
ContributorsKruger, M. S., Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Drama.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatviii, 62 leaves
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0114 seconds