Return to search

The use of harvesting systems and labourer platforms in the South African deciduous fruit industry

Thesis (MSc)--Stellenbosch University, 2015. / ENGLISH ABSTRACT: The impact of harvesting systems and laborer platforms on fruit quality were assessed when
harvesting, as well as laborer productivity when performing orchard actions requiring the use of
ladders. Harvesting systems and laborer platforms were compared to conventional labor practices.
Trials were done on stone and pome fruit farms throughout the Western Cape.
Harvesting systems showed potential to decrease bruising on hardy apple cultivars such as Red
Chief and Cripps’ Red. However, similar or even higher injury levels were obtained on more
sensitive cultivars such as Golden Delicious and Cripps’ Pink. Conventional teams incur little
bruising on the hardier cultivars, thus the scope of improvement on these cultivars is small.
Conventional teams incur higher injury levels on more sensitive cultivars, leaving much room for
improvement. However, due to high harvesting injury levels incurred by teams on the harvesting
systems, no improvement was obtained.
Conventional teams achieve very high picking productivity outputs for hardy cultivars like Abate
Fetel, Red Chief and Cripps’ Red whereas outputs are lower for sensitive cultivars like Golden
Delicious and Cripps’ Pink. Harvesting systems reached an upper limit of around 150 kg per picker
per hour when strip picking, regardless of cultivar hardiness. This limit stemmed from the
misalignment between orchard and machine design, which results in a very inefficient picking
action. This limits the number of picking cycles that can be completed in a certain amount of time,
which in turn limits the weight of fruit that can be picked in that time. Furthermore, factors such as
tree size, shape and uniformity, fruit distribution on the tree, fruit size and quality, orchard floor
condition and aspect, labor team dynamics, harvesting incentives, bin condition, operational system
employed and harvest logistics all affected the overall productivity and efficiency of the harvesting
systems.
When performing summer pruning with the aid of a laborer platform, productivity was substantially
increased compared to conventional laborers on ladders. Dormant pruning and fruit thinning with
laborer platforms also showed potential for increased laborer productivity. The extent of
improvement was smaller than for summer pruning and was dependent on the pruning/ thinning
strategy employed as well as tree architecture. In general, narrower and younger trees showed larger
increases in productivity. Producers should aim to simplify pruning and thinning strategies in order
to maximize productivity gains when using laborer platforms while at the same time maintaining
good fruit quality and yield.
Our study revealed that laborer platforms can increase laborer productivity for certain orchard tasks
but substantial gains in harvesting productivity through mechanization is not a possibility in the
near future. Our study did, however, allude to the potential gains in productivity that can be made
with more efficient management and implementation of conventional harvesting practices.
Producing, and more specifically, harvesting deciduous fruit for the fresh market will likely remain
a labor intensive process. Therefore it is important that producers focus on investing in labor-related
factors such as laborer training, motivation and satisfaction together with the careful
implementation of new technologies such as laborer platforms. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die impak van oesstelsels en arbeider-platforms op vrugkwaliteit tydens oes sowel as arbeider
produktiwiteit met die uitvoer van boordtake waar traplere gebruik word, is geevalueer. Die
oesstelsels en arbeider-platforms is vergelyk met konvensionele praktyke wat op verskeie steen- en
kernvrugplase in die Wes-Kaap gebruik word.
Oesstelsels het die potensiaal om appel kultivars met 'n lae beseringsgevoeligheid, soos Red Chief
en Cripps’ Red minder te kneus. Soortgelyke of selfs hoër vlakke van oesbeserings is waargeneem
op sensitiewe kultivars soos Golden Delicious en Cripps’ Pink. Konvensionele plukspanne
handhaaf oor die algemeen lae vlakke van oesbeserings op geharde kultivars, wat min ruimte vir
verbetering laat. Oesbeserings vir konvensionele spanne op sensitiewe kultivars is egter hoog en
laat baie ruimte vir verbetering, maar weens die hoë vlakke van beserings van die spanne op die
oesstelsels, is geen verbetering waargeneem nie.
Konvensionele plukspanne handhaaf hoë oesproduktiwiteit uitsette op geharde kultivars soos Abate
Fetel, Red Chief en Cripps’ Red terwyl oesproduktiwiteit vir sensitiewe kultivars soos Golden
Delicious en Cripps’ Pink laer is. Oesstelsels het 'n maksimum plukuitset van 150 kg per plukker
per uur behaal tydens skoon-pluk, ongeag kultivar gehardheid. Hierdie beperking ontstaan as gevolg
van die onverenigbaarheid tussen boord- en masjienontwerp wat tot 'n baie ondoeltreffende plukaksie
lei vir die plukkers. Die onverenigbaarheid beperk die aantal plukbewegings wat 'n plukker
kan voltooi binne 'n sekere tyd wat weer die totale massa van die vrugte wat in daardie tyd gepluk
word beperk. Boomgrootte, -vorm en –uniformiteit, vrugverspreiding op die boom, vruggrootte en –
kwaliteit, toestand en helling van die boordvloer, arbeiderverhoudings, plukker vergoeding,
krattoestand, operasionele stelsels wat geïmplementeer word en die organisering van oestyd
logistiek het 'n invloed gehad op die produktiwiteit uitsette wat met die oesstelsels behaal is.
Die gebruik van 'n arbeider-platform vir somersnoei het arbeider produktiwiteit beduidend verhoog
in vergelyking met konvensionele arbeiders op traplere. Wintersnoei en vruguitdunning met
arbeider-platforms het ook die potensiaal om arbeider produktiwiteit te verhoog. 'n Kleiner
verhoging in produktiwiteit as by somersnoei is waargeneem en het afgehang van die snoei- of
uitdun-strategie sowel as boom argitektuur. Oor die algemeen het jonger en smaller bome groter
verhogings in produktiwiteit getoon. Ten einde maksimum voordeel te geniet met die gebruik van
arbeider-platforms moet produsente poog om snoei- en uitdun-strategieë te vereenvoudig terwyl
goeie vrugkwaliteit en opbrengs gehandhaaf word.
Ons navorsing het getoon dat die gebruik van arbeider-platforms, arbeider produktiwiteit vir sekere
boord-take kan verhoog, maar 'n beduidende toename in oesproduktiwiteit d.m.v. meganisasie blyk
nie 'n moontlikheid te wees in die nabye toekoms nie. Ons navorsing het wel gedui op die potensiële
toenames in oesproduktiwiteit wat verkry kan word met meer doeltreffende bestuur en
implementering van huidige konvensionele stelsels. Die verbou, en meer spesifiek die oes van
sagtevrugte vir die varsproduktemark sal waarskynlik 'n arbeidsintensiewe proses bly. Daarom is dit
belangrik dat produsente aandag gee aan die opleiding, motivering en bevrediging van arbeiders
saam met die implementering van nuwe tegnologie soos arbeider-platforms.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/96814
Date04 1900
CreatorsVan der Merwe, Gerrit Johannes
ContributorsSteyn, Willem Jacobus, Theron, Karen Inge, Lombard, Johannes Petrus, Stellenbosch University. Faculty of Agrisciences. Dept. of Horticulture
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Formatix, 167 pages : illustrations
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.003 seconds