Return to search

Omgewingsgesondheid : 'n poging tot fundering

Thesis (Masters Diploma (Technology))--Cape Technikon, Cape Town,1993 / Met hierdie studie word daar gepoog om omgewingsgesondheid,
soos dit op plaaslike owerheidsvlak in Suid-Afrika
manifesteer, te fundeer. In hierdie poging tot fundering van
omgewingsgesondheid word daar spesifiek na omgewingsgesondheidsbeamptes
se betrokkenheid by omgewingsgesondheidsdienslewering
verwys.
ampte1ik as Gesondword
die benaming
deur die benaming
omgewingsgesondheidsbeamptes staan tans
heidsinspekteurs bekend, daarenteen
I Gesondheidsinspekteur , progressief
'Omgewingsgesondheidsbeampte' vervang.
Die funksionele werksveld van omgewingsgesondheidsbeamptes
bestaan uit omgewingsaangeleenthede (nie-persoonlike
gesondheid) en behels aangeleenthede soos drinkwatersuiwering,
waterbesoedelingsbeheer, die suiwering van
afloopwater, sanitasie, afvalbeheer (vaste, vloeibare en
toksiese afval), voedselhigiene, vleishigiene, omgewingsaspekte
ten opsigte van aansteeklike siektes, boukunde,
behuising, die daarstel van 'n sosiale omgewing, berdryfshigiene,
bedryfsveiligheid, stralingsbeheer, omgewingsgeraasbeheer,
termiese besoedelingsbeheer en lugbesoedelingsbeheer.
Buiten oorerflikheidsfaktore, kan mens like siektes deur
middel van 'n effektiewe omgewingsgerigte diens voorkom
word. nit is wenslik om te voorkom dat iemand siek word
eerder as om 'n siek persoon te genees. nit is verder
irrasioneel om 'n persoon wat genees is, weer in dieselfde
omgewing terug te plaas wat homjhaar aanvanklik siek gemaak
het.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:cput/oai:localhost:20.500.11838/797
Date January 1993
CreatorsKalis, ML
PublisherCape Technikon
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageother
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Rightshttp://creativecommons.org/licenses/by-nc-sa/3.0/za/

Page generated in 0.0026 seconds