Return to search

Enkele bedryfsekonomiese oorwegings vir 'n nuwe sakeonderneming in die totale heupvervangingsmark van Suid-Afrika

M.Comm. / Volgens West (1988: 1) begin mense vanwee verskeie redes 'n sakeonderneming: vir wins, vir onafhanldikheid, of weens desperaatheid - wanneer hulle byvoorbeeld 'n lang termyn van werkloosheid in die gesig staar. Sommige voorbeelde van nuwe sakeondernemings, soos by dit stel, is waarvan drome gemaak word, die "rags to riches progress of dazzling proportions". Alhoewel die suksesstories inspirerend is vir baie voornemende sakeondernemers en dit spreekwoordelik die goud aan die einde van die reenboog uitwys, is die realiteit van kleinsakeondernemings dikwels verskillend en teleurstellend in die wereld daar buite. Die gemiddelde kleinsakeonderneming kan eers beskou word as lewensvatbaar as dit die eerste vyf jaar van bestaan oorskry het. Navorsing toon ook dat ongeveer 85% van alle nuwe sakeondernemings in die eerste vyf jaar misluk (West, 1988: 1). Die oorsake van die mislukkings wissel weens verskeie faktore. Na aanleiding van 'n studie onder kleiner sakeondernemings is die oorsake soos volg bevind: deels ekonomies (47,7%), finansieel (38,4%), onervarenheid (7,1%), nalatigheid van die eienaar (3,4%) en ander redes (3,7%) (Timmons, 1999: 32).

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:10146
Date12 September 2012
CreatorsVan Zyl, Jean-Pierre
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0024 seconds