Return to search

Cyprianus se kerkbegrip

Summaries in Afrikaans and English / Text in Afrikaans / Die tema van hierdie studie toon die kerkbegrip van
Cyprianus aan as 'n spanning tussen die kerk as
instituut en die kerk van die Gees. Hoofstuk een
skets die invloed van Tertullianus as leermeester op
Cyprianus. Tertullianus se kerkbegrip getuig self
van spanning wat die produk is van 'n verandering
van lidmaatskap vanaf die Katolieke kerk na die
Montaniste. Tertullianus se kerkbegrip word vanuit
twee perspektiewe belig. Eerstens vanuit 'n
Katolieke, met 'n fokus op die fundering van die
ware kerk en die mag van die kerk om sondes te kan
vergewe. Tweedens vanuit 'n Montanistiese, wat die
def iniering van die ware kerk en die mag van die
kerk om sondes te kan vergewe eksklusief geestelik
begrond. Hoofstuk twee skets die milieu waarbinne
Cyprianus gearbei het. Dit sluit in 'n biografie
van Cyprianus en die Afrika-religie en bevolking.
Tweedens word die Europese invloed op Cyprianus se
kerkbegrip aangedui. Die invloed van die Romeinse
staatkundige model kan duidelik waargeneem word.
Die grootste invloed was egter die Roomse kerklike
model, weens die dinamika van die Roomse kerk.
Hoofstuk drie skets die ekklesiologie van Cyprianus.
Die spanning tussen die kerk as 'n instituut en die
kerk van die Gees word aangedui deur 'n bespreking
van die episkopaat; die betekenis van die biskop;
Cyprianus se gesagsbegrip en sy perspektief op die
primaat. Cyprianus se Bybelse verbintenis, sowel as
die twee historiese lyne, naamlik die Pauliniese lyn
en die Petruslyn, plaas sy uitspraak salus extra
ecclesiam non est in perspektief. Cyprianus se
kerkbegrip is primer 'n ekklesiologie van die Gees.
In sy strewe na die eenheid van die kerk vind hy die
kerk as instituut egter onontbeerlik. Spanning
onstaan in sy poging om 'n sintese tussen die twee
te vorm. / The theme of this study reveals the tension to be
found between the church as institution and the
church of the Spirit, in the ecclesiology of
Cyprian. Chapter one shows the influence which
Tertullian, as tutor, exerted on Cyprian. The
ecclesiology of Tertullian also reveals the tension
which is produced by the change of membership from
Catholicism to Montanism. Tertullian's ecclesiology
is highlighted from two different perspectives.
Firstly from a Catholic view, with the focus on the
fundamentals of the true church, and the authority
and power of the church to forgive sins. Secondly,
a Montanist view is proposed, which defines the true
church, and the power it yields in forgiving sins,
as being exclusively spiritual in nature. Chapter
two describes the environment in which Cyprian
worked. This includes a biography of Cyprian, as
well as the African religion and people. Secondly
the European influence is shown on Cyprian's
ecclesiology. The influence exerted by the Roman
state model is also clearly seen. The major
influence though, was exercised by the Roman church
model, on account of the dynamics of the Roman
church. Chapter three describes Cyprian's
ecclesiology. The tension between the church as
institute and the church of the Spirit is revealed
in a discussion on the episcopacy; the significance
of the bishop; Cyprian's view on authority and his
perspective on the primacy. Cyprian's biblical
connection, as well as the two historical lines,
namely the Pauline and Petrine lines, put his salus
extra ecclesiam non est pronouncement in
perspective.
ecclesiology
the unity of
Cyprian's view is primarily that of a
of the Spirit. In his striving towards
the church though, he finds the church
as institute to be indispensable. Tension develops
in his endeavor to form a synthesis between the two. / Christian Spirituality, Church History and Missiology / D. Th.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/17138
Date12 1900
CreatorsKruger, Hendrik Gerhardus Stefanus
ContributorsBotha, C. J. (Christo J.)
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format1 online resource (343 leaves)

Page generated in 0.0031 seconds