Return to search

Die arbeids-kolonie Kakamas

Die militêre, politieke en in mindere mate, die ekonomiese geskiedenis van Suid-Afrika was reeds die onderwerp van vele navorsing. Daarenteen het die geskiedkundiege ontwikkeling van bepaalde dorpe en streke min aandag geniet in die Suid-Afrikaanse geskiedskrywing. In 'n uitgestrekte land soos hierdie is streeksontwikkeling en die groei van intensief gevestigde gemeenskappe belangrik in die ontwikkeling van die hele land, en die geskiedenis van die streeksontwikkeling dus belangrik die geskiednis van die geheel. My besluit om as onderwerp van die verhandeling te neem die geskiedenis van die Kakamas Arbeidskolonie is dus gemotiveer deur die rol wat hierdie Kerk-nedersetting gespeel het in die ontwikkeling van die Kaapse Noord-Weste, in die invloed wat dit uitgeoefen het op die landbou- en irrigasiebeleid van die Staat en in die bydrae wat dit gelewer het tot 'n oplossing van die Armblanke-probleem. Die Studie omvat: (a) 'n Oorsig van die vernaamste oorsake van die agterlikheid van die Suid-Afrikaanse landbou en besproeiing teen die einde van die 19de eeu. (b) Bywoners, armblankea en die Armsorg van die N.G. Kerk. Toestande in die Noordwestelike Kaap en die aanvang van die Kakamas Arbeidskolonie. (c) Die groei en ontwikkeling van die Nedersetting. Probleme, administrasie, finansies, handel en landbouontwikkeling. (d) Opvoeding van die jeug. Kerklike, sosiale en kulturele aangeleenthede in die Kolonie. (e) Verhouding tussen die Koloniste en die Arbeidskolonie Kommissie. Die stryd om eiendomsreg en selfbestuur. Verskillende regeringskommissies en hulle verslae. Ooreenkoms tussen Kerk en Staat. (f) Die jongste grondwet. Invloed van die Arbeidskolonie op besproeiingsbeleid, ens.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uct/oai:localhost:11427/16360
Date January 1949
CreatorsLoots, F J
PublisherUniversity of Cape Town, Faculty of Humanities, Department of Historical Studies
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeMaster Thesis, Masters, MA
Formatapplication/pdf

Page generated in 0.0023 seconds