Return to search

Ruimtelike en strukturele stedelike ekonomiese transformasies van George sedert 1995 : die geval van tuisgebaseerde gesighede (TGB’E)

Thesis (MA (Geography and Environmental Studies)--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: Issues relating to self-employment and the development of the so-called New Economy gained not
only new founded momentum, but also more all round interest over the last two decades, especially
from academic researchers. During this time, new emphasis was placed on the importance and
significance of location. Consequently, urban areas were finally regarded as instrumental within
providing the central backdrop for the competing nature of the global economy. Due to this fact, the
emphasis again shifted from competition to the stimulation of investment. Local Economic
Development (LED) was the South African method of doing so. Entrepreneurship became a major
driving force of the South African market. Within the same past two decades substantial growth took
place within Home-based Work, especially within Home-based Enterprise (HBE) activities. This can
be attributed to the flexible organization of production that a home-based work (HBW) lifestyle can
provide. Within the South-African context there does exists some empirical observations relating to
HBW and TBE activities, but these studies have mostly focused on informal neighborhoods and other
less affluent areas. This study however places the emphasis on the existence of HBW, selfemployment
and HBE’s within all the income-group neighbourhoods in George. The existence of the
traditional Spazashops and Shebeens is included, because these examples are extremely relevant
within the South African context, but other specialized careers such as medical practitioners, childcare
professionals, consultants, and producers of various products are also examined.
The study wants to contribute to the discussion of urban sustainable development through the
inclusion of HBW and HBE’s as potential strategies to reach sustainability within communities.
Because of this, the primary aims and objectives of this study include the nature and extent of HBE
activities throughout various neighbourhoods located on the periphery of the urban centre in George.
A deeper understanding regarding the reasons behind the locational decision process (thus why
participating home- businesses chose George as the location for their Small, Medium or Micro
Enterprises (SMME’s) and the consequential location movement of these businesses was also
examined. The spatial and structural relationships that exist between the growth and/or movement of
formal businesses in the study area was further observed by the creation of a database stretching
from 1995 to 2005 that lists and map these locational changes. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Kwessies wat verband hou met selfwerksaamheid en die ontwikkeling van die sogenaamde Nuwe
Ekonomie het oor die afgelope twee dekades reeds heelwat aandag vanaf navorsers geniet.
Hernieude klem is geplaas op die belangrikheid van ligging, en stede word deesdae beleef as
instrumenteel om ’n sentrale en mededingende rol te speel binne die globale ekonomie. As gevolg
van hierdie stedelike mededingendheid het die fokus verskuif na die bevordering van investering.
Gevolglik het Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling (PEO) in Suid-Afrika toenemende verandering na
markgedrewe entrepreneurskap veroorsaak. Daar het ook tydens die afgelope twee dekades ’n
aansienlike groei in Tuisgebaseerde Werk (TGW), veral onder Tuisgebaseerde Besigheid (TGB)
aktiwiteite plaasgevind. Hierdie fenomeen kan toegeskryf word aan faktore soos die buigbare
organisasie van produksie wat met ʼn TGW lewenswyse kan voorsien. Daar bestaan wel ’n aantal
empiriese waarnemings rakende TGW en TGB aktiwiteite in Suid-Afrika maar hierdie studies is
meestal gemik op informelenedersettings en mindergegoede areas. Hierdie studie plaas dus groter
klem op die bestaan van TGW, selfwerksaamheid en TGB’e binne al die inkomste woonbuurte in
George. Die bestaan van TGB’e in die minder-gegoede areas vorm ook deel van hierdie studie
(byvoorbeeld die tradisionele Spaza of Huiswinkel en Smokkelhuis/ "Shebeen“ aangesien dit
onmisbaar is binne die Suid-Afrikaanse konteks, maar ander gespesialiseerde beroepe wat ook in ’n
woonbuurt kan voorkom (byvoorbeeld mediese praktisyns, kinderbewaarskole, konsultante en
vervaardigers van allerlei) word ook ondersoek.
Hierdie studie will graag bydra tot die bespreking van stedelike volhoubare ontwikkeling deur TGB’e
te oorweeg as potensiële strategie om hierdie volhoubaarheid te bereik in gemeenskappe. Daarom is
die primêre doelstellings van hierdie studie om die aard en omvang van TGB aktiwiteite tussen
verskillende woonbuurte op die stedelikehinderland (in die omtrek van die stedelike kern) in George te
ondersoek, ’n diepere begrip te bereik rakende die redes vir die besluite van hierdie deelnemende
tuisondernemings (Klein-, Medium- en Mikro-ondernemings) om spesifiek George as vestiging te kies
en laastens, die ruimtelike en strukturele verhoudinge wat duidelik is vanuit die formele groei (formele
besighede se uitbreiding en/of verskuiwing) in George sedert 1995.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/5276
Date12 1900
CreatorsSmit, Eunice
ContributorsDonaldson, S. E., University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Geography and Environmental Studies.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Format137 p. : ill., maps
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0093 seconds