Return to search

Sprekers vir die digter : die personae by Horatius, Odes : boek 1

Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: In his Odes, Horace pays particular attention not only to the subject in hand, but also
to the reader as his audience, or the addressee, who is usually mentioned at the
beginning of the poem. As this kind of communication draws the poet into his own
creation, it is useful to refer to him in that context, as the speaker. It is evident from
the manner of communication with the addressee that Horace conveys the message of
each poem not solely by means of statements, but by implying certain facts, through
this interaction between speaker and addressee. The specific addressee for each ode -
to whom the speaker's attitude is a reaction - is therefore chosen with great care, in
order to underline a specific subject or support a point of view. Just as each ode is
different, and contains a variety of differing emotions, Horace's speakers display a
myriad of different attitudes. His deeper sentiments do however remain constant.
This brings one to the realisation that Horace applies a number of "roles", in order to
obtain the desired effect in each poem. Eventually the interaction is not between the
speaker and the addressee, but between the poet and the reader.
Some of the poems do not give the names of addressees, only the roles Horace plays
as the speaker. These roles are termed personae, and represent the poet on a number
of realistic and super-realistic planes. In this study, a selection of personae was
analysed and the effects examined, in order to establish in what way the persona
might influence the interpretation of the poem. Initially a collective overview of
several personae was planned, for the purpose of a synthesis of those personae,
possibly leading to the discovery of a central Horatian persona. It was however,
found, in the complex perfection of his work, that that central person is Horace: the
poet. / AFRIKAANSE OPSOMMING: In Horatius se Odes, gee hy dikwels spesifieke aandag nie net aan die onderwerp nie,
maar ook aan die leser as sy gehoor, of die aangesproke persoon, wat dikwels in die
begin van die gedig genoem word: Omdat so 'n kommunikasie die digter in sy eie
skepping intrek, is dit sinvol om na hom in daardie konteks as die spreker te verwys.
In die wyse waarop daar dan met die aangesprokene gekommunikeer word, word dit
duidelik dat Horatius die boodskap van sy gedig nie slegs deur middel van stellings
oordra nie, maar dat hy ook deur middel van die wisselwerking tussen die
aangesprokene en die spreker, sekere feite impliseer. Die aangesproke persoon,
waarop die spreker se houding dan'n reaksie is, word dus vir elke ode gekies om 'n
sekere onderwerp of siening te ondersteun. Soos wat elke ode dus verskil, en'n
verskeidenheid emosies bevat, verskil Horatius se houdings teenoor sy
aangesprokenes drasties. Sy dieper oortuigings bly egter dieselfde. Dit lei die leser
tot die besef dat Horatius 'n verskeidenheid "rolle" aanwend om in elke gedig die
gewensde effek te verkry. Die werklike wisselwerking is nie tussen die spreker en die
aangesprokene nie, maar tussen die digter en die leser.
Sommige gedigte bevat geen name van aangesprokenes nie; slegs die rolle wat
Horatius as die spreker gebruik. Hierdie rolle word personae genoem en
verteenwoordig die digter op 'n aantal realistiese en bo-realistiese vlakke. Die
effekte van 'n seleksie personae word in hierdie studie deur middel van analise
ondersoek om vas te stel hoe die toepassing van die persona die interpretasie van die
gedig beïnvloed. 'n Gesamentlike beskouing van 'n aantal digterlike personae is
aanvanklik beplan, met die oog op 'n sintese van die personae, wat moontlik tot die
ontdekking van 'n sentrale persona by Horatius sou kon lei. Daar is egter bevind dat
die sentrale persoon wat in die komplekse perfeksie van sy werk self sit, dié is van
Horatius as digter.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52460
Date12 1900
CreatorsGrove, Chantal
ContributorsThom, S., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences . Dept. of Ancient Studies .
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format103 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0019 seconds