Return to search

Analyses of the key restricting factors in the slow delivery of low cost housing in South Africa : a technical report

M.Comm. / Verstedeliking, veral in die ontwikkelende lande, is die norm van die dag. Dit is ook meer sigbaar as ooit in Suid Afrika. Gepaard met hierdie tendens dra versnelde populasiegroei,in beide stedelike en landelike gebiede by tot die enorme tekort aan voldoende behuising in Suid Afrika. Alhoewel daar daadwerklike pogings van Regeringskant is om die groot tekort op behuisings gebied aan te spreek, is daar onderliggende faktore wat hierdie proses kniehalter. Nasionale en Provinsiale Regering vind hulself in 'n baie ongemaklike situasie. Daar is die minderheid populasie wat 'n huis besit, maar daar is aan die anderkant die groot meerderheid van ons populasie wat nie 'n huis het nie en ook nie een finansieel kan bekostig nie. Tot op datum is die stadige leweringsproses van die dilemma onaanvaarbaar vir die meeste huisloses. Die meganismes werk stadig en rompslomp bestuur vertraag die proses daagliks. Die doelwit wat die Regering daar gestel het om een miljoen nuwe huise voor die einde van die jaar 1999 te voorsien word ernstig deur byna alle Suid Afrikaners bevraagteken. Alhoewel die politieke wil vir die lewering van huise daar is, word die beloftes om te lewer nie gestand gedoen nie. Daar is natuurlik verskeie redes waarom daar nie aan die behoeftes voorsien kan word nie en die doel van hierdie studie is om die moontlike beperkende faktore te ,ondersoek. As 'n gevolg van die totale omvang van die behuisings tekort, word daar slegs na enkele makro faktore gekyk en sluit dit dus mikro faktore uit. Hierdie makro faktore sluit bekostigbaarheid, populasie verspreiding en opleiding in en word in hoofstuk 2 breedvoerig uitgelig. Die mees beduidende beperkende faktor wat die lewering van behuising beinvloed is die bekostigbaarheid van huishoudings. Werkskeppings programme, saam met die verbetering van ongeballanseerde inkomevlakke sal as oogmerk die enigste manier wees waarop hierdie behoefte bevredig sal kan word. Die behuisings dilemma en gegewe die huidige ekonomiese toestande, het die perkende faktore natuurlik ook verrykende implikasies op Suid Afrika se ekonomiese vermoe en finansiele bronne. In die lig Kievan was dit dan ook nodig om te kyk na beleidsrigting, kommunikasie, finansiering en die subsidie skema van die owerheid. Nieteenstaande hierdie faktore en beperkinge is dit geregverdig om die Nasionale Regering krediet te gee van wat wel bereik is in die tydperk sedert die 1994 verkiesing en ook hoe die ekonomiese program GEAR hierdie pogings raak. Dit blyk duidelik uit die studie dat die optimistiese benadering wat net na die 1994 verkiesing gevolg is, groot verwagting geskep het by Jan-alleman. Hierdie verwagting blyk nou ook onrealisties te wees en hierdie studie bring perspektief tot die realiteit dat Suid Afrikaners nog vir 'n baie lang tydperk geduldig moet wees om behuising van goeie kwaliteit te bekom. Massa lewering van huise kan nie oornag plaasvind nie. Realiteit moet by die bevolking van Suid Afrika tuisgebring word. 'n Kultuur van gemeenskapsbetrokkenheid sal uit die aard van die saak die Regering se taak soveel meer vergemaklik.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:9012
Date13 August 2012
CreatorsCronje, A. F.
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0021 seconds