Return to search

Die persoonlikheidsamestelling van die beskeie leerling in die senior sekondêre skoolfase

Text in Afrikaans / Die studie handel oor die persoonlikheidsamestelling van die beskeie
leerling in die senior sekondere skoolfase. Twee sienings van beskeidenheid blyk uit die literatuur, naamlik beskeidenheid as 'n deug en
beskeidenheid as manifestasie van innerlike onsekerheid. Daar is in
diepte gekyk na beskeidenheid as persoonlikheidseienskap en die invloed
van beskeidenheid op die relasievorming en selfaktualisering van die kind.
Beskeidenheid gaan gepaard met persoonlikheidseienskappe soos terughoudendheid, beskroomdheid, geinhibeerdheid, ontoereikende assertiwiteit en vry van aanmatiging en dit behels 'n onvermoe tot selfbevordering.
Verder manifesteer sake soos sosiale angstigheid, openbare
selfbewustheid, vrees vir sukses en swak selfevaluering ook in beskeidenheid. Die leerling se relasievorming en selfaktualisering word
deur beskeidenheid gekortwiek.
Die Hoerskool Persoonlikheidsvraelys is in 'n empiriese ondersoek op
'n aantal standerd 9-leerlinge afgeneem. Geen tipiese perrsoonlikheidsprofiel kon vir beskeidenheid saamgestel word nie. 'n Aantal persoonlikheidseienskappe wat met beskeidenheid verband kan hou, het egter in die ondersoek na vore gekom. / This study concerns the personality composition of the modest pupil in
the senior secondary school. Two views of modesty are discussed in
the literature, namely that it is a virtue and that it is a sign of inner uncertainty. An in-depth study is made of modesty as a personality
characteristic and its influence on the pupil's relationship
formation and self-actualisation.
Modesty is associated with such personality characteristics as reserve,
timidity, inhibition, unassertiveness and lack of arrogance. It implies an inability to promote oneself. Modesty is also a manifestation of social anxiety, self-conciousness, a fear of success and low self-evaluation. It handicaps the relationship formation and self-actualisation of pupils.
The High School Personality Questionnaire was administered to a group
of Standard 9 pupils in an empirical study. No typical personality
profile could be compiled for modest pupils. Several personality
'characteristics emerged from the study which may be associated with
modesty. / Educational Studies / M. Ed. (met spesialisering in Voorligting)

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:unisa/oai:uir.unisa.ac.za:10500/17203
Date03 1900
CreatorsLessing, A. C. (Anna Christina), 1947-
ContributorsJacobs, L. J.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Format1 online resource (xiii, 175 leaves)

Page generated in 0.0019 seconds