Return to search

Identiteitsontwikkeling tydens adolessensie : 'n opvoedkundig-sielkundige studie

Dissertation (DEd) -- Stellenbosch University, 1993. / Includes bibliography / ENGLISH ABSTRACT: This study examined the process of identity development in
secondary school adolescents.
Identity formation can be regarded as a central developmental
task during adolescence. Psychological maturity and a functional
personality depend on the effective solution of the identity
crisis. The process of identity formation is, however,
complicated by various trends in modern society. This is
particularly true for South Africa in its present transitional
phase.
This study was undertaken due to various research deficiencies,
and because a thorough knowledge of the process of identity
formation during adolescence is of vital importance for educators
on all levels.
Based on an extensive literature study the concepts identity and
identity development are described, and research findings on
identity development during adolescence are reviewed.
The focus of the empirical investigation is on four selected
domains of identity development, namely future career, religion,
friendships and dating.
Two objective questionnaires, the Ackermann Identity status
Inventory (AISI) (which was designed by the researcher) and the
Dellas Identity Status Inventory (DISI), and a semi-structured
interview were used to determine the identity status of
adolescents. A third questionnaire was administered in order to
determine adolescents r evaluation of the importance of various
identity domains.
The research group included all the standard 7 and 10 pupils (N -
1152) from 6 Afrikaans medium secondary schools in the
Southwestern Cape. From this group a stratified sample of 96 pupils was taken for the interview. When selecting the research
groups three variables were taken into account, namely sex, age,
and residential area.
Some of the most important findings include the following:
Adolescents manifest different patterns of identity
development in different domains. Identity development
should therefore be investigated separately in different
domains.
There are significant differences in the identity status of
standard 7 and standard 10 pupils.
Only minor differences in identity status development exist
between the sexes.
No significant differences in identity status were found
between rural and urban adolescents.
Regarding the religious domain the research group had a
strong tendency towards identity foreclosure. This finding
has important implications for religious educators.
various implications for education were pointed out. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die proses van identiteitsontwikkeling by skoolgaande adolessente
is in hierdie studie ondersoek.
Die verwerwing van 'n eie identiteit kan as 'n sentrale
ontwikkelingstaak tydens adolessensie beskou word. Die
effektiewe hantering van die identiteitskrisis is 'n voorwaarde
vir die verwerwing van psigologiese volwassenheid en vir
positiewe persoonlikheidsfunksionering. Verskeie tendense in die
hedendaagse samelewing kompliseer die proses van
identiteitsontwikkeling. Dit geld Suid-Afrika in besonder,
aangesien die land tans in 'n transformasieproses verkeer wat
verskeie lewensterreine raak.
'n Grondige kennis van die proses van identiteitsontwikkeling by
adolessente is van kardinale belang vir primêre en sekondêre
opvoeders. In die lig van bestaande leemtes in navorsing op
hierdie terrein is die studie onderneem.
Teen die agtergrond van 'n omvattende literatuurstudie is die
aard en wese van identiteit en identiteitsontwikkeling beskryf en
'n oorsig is gegee van bestaande navorsingsbevindinge oor
identiteitsontwikkeling tydens adolessensie.
Die empiriese ondersoek is gerig op vier geselekteerde domeine
van identiteitsontwikkeling , naamlik beroep, godsdiens,
vriendskappe en uitgaan (Engels: dating).
Met die oog op die bepa ing van die status van adolessente se
identiteitsontwikkeling is twee objektiewe vraelyste, naamlik die
Ackermann Identiteitstatusvraelys (AISV) en die Dellas Identity
status Inventory (DISI), en 'n gestruktureerde onderhoud gebruik.
Die AISV is vir die doel van die ondersoek deur die ondersoeker
ontwerp. 'n Derde vraelys is afgeneem ten einde adolessente se
belewing van die belangrikheid van verskeie identiteitsdomeine te bepaal.
Die ondersoekgroep het bestaan uit die standerd 7- en standerd
10-1eerlinge (N = 1152) van ses Afrikaansmedium sekondêre skole. Uit die groep is 'n gestratifiseerde steekproef van 96 leerlinge
vir die onderhoud getrek. Gelyke verteenwoordiging van drie
veranderlikes is met die trekking van die steekproewe in ag
gensem, naamlik ouderdom, geslag en nedersettingsgebied.
Van die belangrikste bevindinge wat uit die ondersoek geblyk het,
is die volgende:
Adolessente toon verskillende patrone van
identiteitsontwikkeling in verskillende domeine. Dit is
daarom belangrik dat identiteitsontwikkeling in terme van
afsonderlike domeine ondersoek word.
Beduidende verskille in identiteitstatusontwikkeling kom
tussen adolessente in st 7 en st. 10 voor.
slegs enkele verskille in identiteitstatusontwikkeling kern
tussen die twee geslagte voor.
Daar is nie 'n beduidende verskil tussen stedelike en
plattelandse adolessente se identiteitstatusontwikkeling
nie.
In die domein van godsdiens is 'n neiging tot vroeë
identiteitsluiting gevind. Dit hou belangrike implikasies
vir opvoeders en ander betrokke instellings in.
Belangrike opvoedkundige implikasies van die ondersoekbevindinge is aangedui.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/58010
Date12 1900
CreatorsAckermann, Chris (Christiaan Johannes),1948-
ContributorsMalan, J. A., Maritz, J. S., Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Educational Psychology.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Formatxx, 384 p . : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0018 seconds