Die reg tot 'n vrye en regverdige verhoor is een van die mees gevestigde internasionale fundamentele regte.1 Die reg om verhoor te word deur 'n onafhanklike en onpartydige hof of tribunaal vorm deel van die reg tot 'n vrye en regverdige verhoor. Beide Suid-Afrika en Groot Brittanje erken hierdie reg as 'n fundamentele reg. Alhoewel dit duidelik is dat hierdie reg afdwingbaar is in die gewone howe van state wat die relevante konvensies geratifiseer het, bly die vraag steeds tot watter mate die reg tot 'n onafhanklike en onpartydige tribunaal toepassing vind in internasionale kommersiele arbitrasie verrigtinge. Verder is die vraag hoe die toepassing daarvan vergelyk met die toepassing van die reg in die gewone howe. Is dit dus moontlik om te se dat dieselfde toets wat in die gewone howe gebruik word om die onpartydigheid en onafhanklikheid van 'n voorsittende beampte te bepaal, ook gebruik word om die onpartydigheid en onafhanklikheid van 'n arbiter te bepaal?
In die nasionale sfeer verwys onafhanklikheid na twee onderskeibare konsepte. Eerstens verwys dit na die onafhanklikheid van die regsprekendegesag met betrekking tot die wetgewende- en uitvoeren-degesag soos vervat in die leerstuk van die skeiding van magte. Tweedens verwys dit na die persoonlike onafhanklikheid van 'n voorsittende beampte. In internasionale kommersiele arbitrasie is slegs die tweede konsep van toepassing. Internasionale kommersiele arbitrasie funksioneer normaalweg onafhanklik van enige regerings-instelling. Slegs die persoonlike onafhanklikheid en onpartydigheid van die arbiter is dus van belang.
Wanneer die toetse, om die persoonlike onpartydigheid en onafhanklikheid van regters en arbiters te bepaal, met mekaar vergelyk word, is daar drie verskillende toetse wat van belang is. Sover dit
menseregte op 'n intemasionale vlak betref, pas die Europese Hof vir Menseregte die geregverdigde twyfel (legitimate doubt) toets toe. Die arbitrasie instellings wat ingesluit is in hierdie verhandeling2 pas die regverdigbare twyfel Qustifiable doubt) toets toe. Op nasionale vlak pas beide Suid-Afrika en Groot Brittanje die redelike vrees van vooroordeel (reasonable apprehension of bias) toets toe.
Die gevolgtrekking word gemaak dat die toetse vir onpartydigheid en onanhanklikheid wat toegepas word in die nasionale howe van Suid-Afrika en Groot Brittanje, die toetse wat op intemasionale vlak toegepas word in die Europese Hof vir Menseregte en die toetse wat toegepas word deur die onafhanklike intemasionale arbitrasie instellings wat in die verhandeling bestudeer is, tot dieselfde resultaat lei. Gevolglik sal arbitrasie verrigtinge wat in Suid-Afrika die toets van onafhanklikheid en onpartydigheid slaag in alle waarskynlikheid ook die toets in Engeland slaag. Net so sal arbitrasie verrigtinge wat plaasvind in terme van die belangrikse arbitrasie tribunale en arbitrasie reels, synde UNCITRAL, die ICC, die LCIA, die AAA en die ICSID, ook na alle waarskynlikheid die toets van onafhanklikheid en onpartydigheid van arbiters in beide Suid-Afrika en Engeland slaag indien die toets wat toegepas word deur hierdie reels en instansies dieselfde is as die toets wat in Suid-Afrika en Engeland toegepas word. / Thesis (LL.M.)--North-West University, Potchefstroom Campus, 2008.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:nwu/oai:dspace.nwu.ac.za:10394/1847 |
Date | January 2007 |
Creators | Steenkamp, Tania |
Publisher | North-West University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Page generated in 0.0019 seconds