Return to search

The assessment of professional development of educators: implications for whole school evaluation.

Hoofstuk een voorsien die agtergrond tot die navorsing asook ‘n beskrywing van die probleme. Dit bevat die doel van die navorsing, die metodologie wat gevolg is en gee ‘n uitklaring van konsepte wat in die navorsing gebruik is. Hoofstuk twee fokus op ‘n uiteensetting van die onderwerp van die navorsing, naamlik DIE ASSESSERING VAN PROFESSIONELE ONTWIKKELING VAN ONDERWYSERS EN DIE IMPLIKASIES VIR GEHEELSKOOL EVALUERING. Die doel van die navorsingsprojek was om te bepaal watter kriteria noodsaaklik is vir die doeltreffende professionele ontwikkeling van onderwysers. Om hierdie doel te verwesenlik is ‘n literatuurstudie onderneem wat as basis vir die empiriese navorsing gedien het. Die bespreking in hoofstuk twee is gerig op die geïntegreerde gehalte bestuurstelsel wat bestaan uit werkverrigting assessering, die ontwikkeling van ‘n stelsel vir assessering en geheel skool evaluering. Die studie belig hoe bogenoemde assesseringstelsels gebruik is om die professionele ontwikkeling van die onderwyser te fasiliteer. In die geïntegreerde gehaltebestuurselsel is klaskamer-waarneming ‘n kritiese aspek wat gebruik is om die behoeftes van onderwysers te bepaal oor hoe hulle ‘n klaskamer moet bestuur. Klaskamerwaarneming is gegrond op die volgende kriteria: die skepping van ‘n positiewe leeromgewing, kennis van die kurrikulum, lesbeplanning, voorbereidng en aanbieding, asook leerlingassessering. Sodra die behoeftes van die onderwyser vasgestel is, is gepaste professionele ontwikkelingsprogramme noodsaaklik om klaskamer bestuursvaardighede te verbeter. Met ander woorde, wanneer onderwysers professioneel ontwikkel word, verbeter hulle die gehalte van leer en onderrig by skole deur hul betrokkenheid in en by lewenslange leer. Die ontwerp van die navorsingsprojek is in hoofstuk drie uiteengesit. ‘n Beskrywing van die empiriese ondersoek is voorsien. Die vraelys is bespreek en die verloop van die navorsing kortliks aangeraak. Al die vrae met betrekking tot doeltreffende professionele ontwikkeling het gelei tot gemiddelde tellings tussen 2,20 en 3,23. Die ontleding en interpretasie van die empiriese data is in hoofstuk vier bespreek. Die konstrukgeldigheid van die navorsingsintrument is deur middel van twee opeenvolgende faktoranalitiese prosedures ondersoek en sodoende is die 37 items tot twee faktore gereduseer, naamlik: effektiewe ontwikkelingsprogramme bestaande uit 20 items met ‘n betroubaarheidskoëffisient van 0,913; en personeel ontwikkelingsprogramme bestaande uit 17 items met ‘n betroubaarheidskoëfissient van 0,892. Die statistiese ontleding van die navorsing is beperk tot ‘n vergelyking van een voorbeeld van twee onafhanklike groepe met een voorbeeld van drie of meer onafhanklike groepe. Hipoteses is opgestel en multivariante statistieke gebruik om die data te ontleed en te interpreteer. Na hierdie oorsigtelike opsomming van die aspekte wat in die huidige navorsing aangeraak is, word belangrike bevindings wat uit die navorsing voortspruit, gemaak. / Prof. R. Mestry

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:8058
Date21 August 2008
CreatorsHendricks, Ilona Jolene
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.002 seconds