Return to search

The engagement of educators with computers during the uptake of Information and Communication Technology (ICT).

M.Ed. / Die navorsingsdoel van die studie is om vas te stel hoe Intell® Teach to the Future die betrokkenheid van opvoeders met Informasie en Kommunikasie Tegnologië (IKT) beïnvloed. Opvoeders in Ga-Rankuwa het deelgeneem in die navorsing. ʼn Aantal privaatondernemings, soos Intel, het programme ontwerp ten doel om opvoeders met die integrering van IKT te ondersteun, maar onvoldoende gedokumenteerde bewyse van die invloed van privaat initiatiewe op die betrokkenheid van opvoeders met IKT bestaan. Skole in Ga-Rankuwa gebruik die IKT integreringsopleidingsprogramme van verskeie organisasies, dus is dit belangrik om die invloed van hierdie programme op die betrokkenheid van opvoeders met rekenaars te evalueer. Onderswyersopleiding in IKT integrering word beskou as die belangrikste en kritiese suksesfaktor om die tekort aan gekwalifiseerde opvoeders in IKT aan te spreek (Dawes, 1999:256). Volgens Orange en Hobbs (2000:86) om skole en opvoeders te betrek by IKT integrering, die beskikbaarheid van harde-en sagteware word as noodsaaklik beskou alhoewel die blote teenwoordiigheid van rekenaars in skole is onvoldoende om die kwaliteit van die onderwys te verander. Verdere pogings om opvoeders te betrek met IKT integrering in onderwys en leer so wel as ondersteuning is benodig. Verkeie lande gebruik verskillende strategiee van onderswyersopleiding in hierdie verband. Die navorsingmetodes is ‘n kombinasie van etnografie en ‘n gevallestudie. Waarneming, fokusgroeponderhoude en analise van dokumente is gebruik om data te versamel. Data analise het gelei tot vyf kategorieë. Die bevindinge toon aan dat Intel®, tot ‘n grote mate, die betrokkenheid van opvoeders wel beїnvloed het.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:8133
Date11 February 2009
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0019 seconds