Return to search

Design and implementation of a RSFQ superconductive digital electronics cell library

Thesis (MScEng)--Stellenbosch University, 2011. / ENGLISH ABSTRACT: Rapid Single Flux Quantum (RSFQ) cells are key in the design of complex and applicable RSFQ
electronic circuits. These cells are low-level circuit elements that are used repeatedly to build
larger, applicable RSFQ circuitry.
Making these cells simple to layout and manufacture, but reliable for extensive use demands a
careful development process for RSFQ cells. Cell functionality is verified through simulations,
thereafter the cell is laid out in special software packages. Inductance of on-chip superconductor
structures is extracted through careful modelling with numerical field solver software.
A cell library has been developed by incorporating existing or published cells after further analysis
and optimization, as well as developing new cells. Cells that have been adapted into the
library include the Josephson transmission line (JTL), Splitter, Merger, D-Flip Flop (DFF),
T-Flip Flop (TFF), NOT, AND, OR and XOR, DC-SFQ and SFQ-DC and PTL Driver and
Receivers. New cells include NOR, NAND and XNOR. The cells were designed for the IPHT’s
RSFQ1D 1kA/cmª and Hypres’ 4.5kA/cmª processes.
The cells in the library have good bias current operating margins obtained through simulations
(> ±26%). All cells have all the parameters listed in the thesis including extracted inductance
values.
In order to have a complete and verified RSFQ cell library, cells have been sent for fabrication
at IPHT and Hypres facilities. These cells can now be tested on-chip, in the laboratory, to
establish functionality and practical bias current margins. All test signal patterns and bias
currents required for testing are defined to allow co-workers or collaborators to test the cells. / AFRIKAANSE OPSOMMING: "Rapid Single Flux Quantum" (RSFQ) selle is van sleutelbelang in die ontwerp van komplekse
en toepaslike RSFQ elektroniese stroombane. Hierdie selle is laevlak stroombaanelemente wat
herhaaldelik gebruik word om groter RSFQ bane mee te bou.
Versigtige ontwikkeling is nodig om hierdie selle eenvoudig vir uitleg en vervaardiging te hou
terwyl dit ook betroubaar is vir wye gebruik. Selfunksionaliteit word geverifieer deur middel van
simulasies, waarna selle vir vervaardiging uitgelê word in spesiale sagtewarepakette. Induktansie
van supergeleierstrukture op vervaardigde skyfies word deur versigtige modellering met behulp
van numeriese veldoplossingsagteware onttrek.
In hierdie tesis is ’n selbiblioteek ontwerp deur bestaande (gepubliseerde) selle verder te analiseer
en optimeer, en deur nuwe selle te ontwerp om die biblioteek volledig te maak. Selle wat aangepas
is vir hierdie biblioteek sluit die Josephson-Transmissielyn (JTL), Verdeler, Samevoeger, DWipkring
(DFF), T-Wipkring (TFF), NIE, EN, OF en XOF, asook die DC-SFQ en SFQ-DC
selle en Passiewe Transmissielyn (PTL) drywers en ontvangers in. Nuwe selle sluit die NOF,
NEN en XNOF hekke in. Die selle is ontwerp en uitgelˆe vir beide IPHT se RSFQ1D 1kA/cmª
en Hypres se4.5kA/cmª prosesse.
Die selle in die biblioteek toon goeie voorspanningstroom-werksmarges, soos verkry deur simulasie
(> ±26%). Parameters en berekende induktansies vir alle selle word in die tesis gelys vir
naslaandoeleindes.
Vir die daarstel van ’n volledige en geverifieerde RSFQ selbiblioteek is selontwerpe vir vervaardiging
na IPHT en Hypres gestuur. Aangesien vervaardiging slegs een maal per jaar by IPHT
gedoen word, is die skyfies egter nog nie beskikbaar nie. Na vervaardiging kan die skyfies egter
getoets word om selfunksionaliteit in die laboratorium te meet. Ten einde hierdie toetsing vir
enige medewerker te vergemaklik, word alle toetsparameters soos voorspanningstroom en intreeseinpatrone
in die tesis gedefinieer.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/17936
Date12 1900
CreatorsBakolo, Rodwell S.
ContributorsFourie, C. J., Stellenbosch University. Faculty of Engineering. Dept. of Electrical and Electronic Engineering.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageen_ZA
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Format133 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0023 seconds