Return to search

A critical evaluation of the dispute resolution functions of the Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration (CCMA)

Thesis (MComm (Industrial Psychology))--University of Stellenbosch, 2010. / ENGLISH ABSTRACT: One of the transformations that occurred in post-apartheid South Africa was the overhaul of
labour legislation. The Labour Relations Act, 1995, the most pivotal product of the exercise,
enacted the Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration (CCMA) as a statutory
labour dispute resolution institution. Given the failures of the previous dispute resolution system,
the creators of the CCMA meant it to provide efficient, accessible and quality dispute resolution
structured around conciliation and arbitration. The CCMA came into being in November 1996.
The question that arises is: is the CCMA delivering efficient, accessible and quality dispute
resolution? This research attempts to answer this question.
The literature review indicates that, in terms of efficiency, the CCMA underperformed in the
early years, from its inception to the year ended 2004. Improvements started trickling in after
2004. The literature review portrays a positive picture of accessibility: that the CCMA is
accessible to its users. As for the quality of dispute resolution, the literature review paints a
negative picture: that the CCMA does not provide a quality dispute resolution service.
The researcher collected secondary data from the CCMA and primary data from parties to dispute
resolution at the Cape Town Office of the CCMA, using a self-developed questionnaire. The data
was analysed using Statistica version 9. The results show that the CCMA continues to grow and
build on its previous efficiency successes: the CCMA concludes conciliations and arbitrations
within the statutory time limits of 30 days and 60 days respectively. The results also show that
the CCMA is accessible: the respondents found the process of referral and the actual processes of
conciliation and arbitration informal. The results also show that the CCMA provides quality
dispute resolution. All the respondents ranked the quality of conciliations and arbitrations
positively.
The results for efficiency and accessibility support the literature review. The results for quality of
dispute resolution contradict the literature review. Based on these findings, insightful conclusions
are drawn and recommendations are made, to both the CCMA and for future research. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die hersiening van arbeidswetgewing was een van die transformasies wat plaasgevind het in
post-apartheid Suid-Afrika. Die mees uitstaande produk van hierdie oefening, naamlik die nuwe
Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995, het die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie
(KVBA) daargestel as 'n instelling vir statutêre geskilbeslegting. Gesien teen die agtergrond van
die mislukkings van die vorige geskilbeslegtingstelsel het die skeppers van die KVBA probeer
om effektiewe, toeganklike en kwaliteit geskilbeslegting met betrekking tot versoenings en
arbitrasies te skep. Die KVBA het in November 1996 tot stand gekom en funksioneer vir die
afgelope 13 jaar.
Die literatuurstudie toon aan dat, in terme van effektiwiteit, die KVBA onderpresteer het vanaf sy
ontstaan tot en met 2004. Ná 2004 het verbeteringe drupsgewys ingetree. Die literatuurstudie
skets 'n negatiewe beeld met verwysing na die gehalte van geskilbeslegting: die KVBA verskaf
nie 'n geskilbeslegting diens van gehalte nie.
Die navorsing het sekondêre data vanaf die KVBA en primêre data van die partye betrokke by
geskilbeslegting in die Kaapstad-kantoor van die KVBA ingesamel deur van 'n selfontwikkelde
vraelys gebruik te maak. Die resultate toon dat die KVBA voortgaan om te groei en te bou op
vorige suksesse ten opsigte van effektiwiteit: die KVBA handel versoenings en arbitrasies binne
die statutêre tydsbepalings van 30 en 60 dae onderskeidelik af. Die resultate toon ook dat die
KVBA toeganklik is: die respondente het die proses van arbitrasie as informeel ervaar. Die
resultate toon ook dat die KVBA 'n kwaliteit geskilbeslegtingsfunksie verskaf. Alle respondente
het die gehalte van versoenings positief beoordeel.
Die resultate ten opsigte van effektiwiteit en toeganklikheid ondersteun die literatuurstudie. Die
resultate ten opsigte van die gehalte van die geskilbeslegtingsfunksie is strydig met die
literatuurstudie. Voortvloeiend uit hierdie bevindinge, word tot insiggewende gevolgtrekkings
gekom en aanbevelings word gemaak vir gebruik deur die KVBA, asook vir toekomstige
navorsing.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/4241
Date03 1900
CreatorsKwakwala, Blazius Oscar Kasungula
ContributorsCillie, G., University of Stellenbosch. Faculty of Economic and Management Sciences. Dept. of Industrial Psychology.
PublisherStellenbosch : University of Stellenbosch
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageEnglish
Detected LanguageEnglish
TypeThesis
Format120 p.
RightsUniversity of Stellenbosch

Page generated in 0.0021 seconds