Return to search

Bedryfs-maatskaplike werk by plaaslike owerhede in die Kaapse Skiereiland

Thesis (MSocialWork)--Stellenbosch University, 2001. / ENGLISH ABSTRACT: The purpose of this study was to investigate the present functioning of
occupational social work at local governments in the Cape Peninsula. In order to
realise this aim, an exploratory study was undertaken. In this study the historical
development of occupational social work, internationally as well as in the South
African context, was investigated. From the investigation it became apparent that
there is a difference in the pattern between the historical development of
occupational social work internationally and in the South African context. In
South Africa industrialization occurred almost a century later than in the
European countries and the development of occupational social work was further
hampered by the political system of separate development.
The organizational context of occupational social work practice as well as the
roles, functions, knowledge and skills of the occupational social worker were
discussed. It is essential that the occupational social worker should not only have
insight into the structural and functional aspects of organizations, but should also
have the know how to apply this knowledge base to promote social work services
in the workplace. Although the roles, functions, knowledge and skills of the
occupational social worker are relatively similar to those of social workers in
other fields of practice, it is also evident that this field requires more specialized
skills and knowledge.
Attention was given to social work supervision and management in the
occupational context and it became apparent that in the occupational context,
social work supervision and management are influenced by a variety of
organizational factors. Supervision is extremely important to local governments
because it provides the opportunity for these organizations to guide the service
delivery of the social workers in a scientific and responsible manner.
Lastly the structure and functioning of local governments were discussed with
specific reference to occupational social work. The emergence of occupational social work at local governments in the Cape Peninsula as well as the Employee
Assistance Program policy and the substance dependency treatment policy of
local governments were also discussed.
An empirical investigation was undertaken after the literature study, in which
eight occupational social workers as well as their six managers at local
governments in the Cape Peninsula participated. The questionnaire was used as
the technique for data collection.
On the basis of the conclusion and findings of this study, certain
recommendations on the practical implementation of occupational social work
policy and the process of supervision for local governments in the Cape
Peninsula are made at the end of the report. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie was om die huidige funksionering van bedryfsmaatskaplike
werk by plaaslike owerhede in die Kaapse Skiereiland te
ondersoek. Om hierdie doel te bereik is 'n verkennende studie onderneem. In
die studie is die historiese ontwikkeling van bedryfs-maatskaplike werk
internasionaal sowel as in Suid-Afrika ondersoek. Uit die ondersoek blyk dit dat
die historiese ontwikkeling van bedryfs-maatskaplike werk internasionaal en in
Suid-Afrika, nie dieselfde patroon gevolg het nie. In Suid-Afrika het
industrialisasie bykans 'n eeu later as in die Europese lande plaasgevind en is
die ontwikkeling van bedryfs-maatskaplike werk verder ook gestrem deur 'n
politieke stelsel van afsondering.
Die organisatoriese konteks van bedryfs-maatskaplike werk praktyk en die rolle,
funksies, kennis en vaardighede van die bedryfs-maatskaplike werker is
bespreek. Dit is noodsaaklik dat die bedryfs-maatskaplike werker nie slegs oor
insig van die strukturele en funksionele aspekte van organisasies moet beskik
nie, maar behoort hy veel eerder te weet hoe om hierdie insig en kennis-basis te
benut ten einde maatskaplike werk in die werkomgewing te bevorder. Alhoewel
die rolle, funksies, kennis en vaardighede van die bedryfs-maatskaplike werker
tot 'n groot mate met maatskaplike werkers in ander velde ooreenstem, is dit ook
duidelik dat hierdie veld meer gespesialiseerde vaardighede en kennis verg.
Daar is aandag geskenk aan maatskaplike werk supervisie en bestuur in die
bedryfsopset en het dit uit die studie duidelik geword dat maatskaplike werk
supervisie en bestuur in die bedryfsopset deur verskeie organisatoriese faktore
beïnvloed word. Supervisie is van besondere belang vir plaaslike owerhede, aangesien 'n program vir supervisie aan dié organisasies die geleentheid bied
om op 'n wetenskaplike, verantwoordbare wyse met die maatskaplike werkers te
kommunikeer en kontrole oor hulle dienslewering en doelbereiking uit te oefen.
Laastens is die struktuur en funksionering van plaaslike owerhede met
spesifieke verwysing na bedryfs-maatskaplike werk bespreek. Die ontstaan van
bedryfs-maatskaplike werk by plaaslike owerhede in die Kaapse Skiereiland en
plaaslike owerhede se werknemer hulpprogrambeleid en middele-afhanklikheid
behandelingsbeleid is ook bespreek.
'n Empiriese ondersoek is na die literatuurstudie onderneem, waraan agt
bedryfs-maatskaplike werkers by plaaslike owerhede in die Kaapse Skiereiland
sowel as hul ses bestuurders deelgeneem het. Die vraelys is as tegniek van
inligtinginsameling gebruik. Gegrond op die gevolgtrekkings en bevindings van
hierdie studie, word daar aan die einde van die verslag bepaalde aanbevelings
ten opsigte van die praktiese implementering van bedryfs-maatskaplike werk
beleid en die proses van supervisie vir plaaslike owerhede in die Kaapse
Skiereiland gemaak.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/52150
Date03 1900
CreatorsPowrie, Anon Hugh Ferdinand
ContributorsWeekes, M. S., Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of Social Work.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format190 p. : ill.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0102 seconds