Return to search

Information communication technologies to enhance teaching and learning in higher education : a survey of teaching staff at Rhodes University

Only an Afrikaans abstract is available. Die astronomiese ontwikkeling van informasie kommunikasie tegnologie (IKT) hou verreikende gevolge in vir elke lewensfeer in die twintigste eeu. Spesifiek op die terrein van produksie en oordrag van kennis, twee kernfunksies van hoer onderwys, hou IKT nie net ‘n bedreiging in vir die tradisionele wyse waarop hierdie kernfunksies vervul word nie, maar bied ook moontlik die uitdagings van toegang, koste, buigsaamheid en kwaliteit waarmee universiteite gekonfronteer word. Waar die toepassing van tegnologie in afstandsonderrig reeds help om bogenoemde uitdagings aan te spreek, is dieselfde resultate meer ontwykend in tradisionele residensiële universiteite soos Rhodes Universiteit. Verder is universiteite meer geneë om IKT in navorsing en administratiewe prosesse te gebruik, as in onderrig en leer. Hierdie opstel fokus dus op die behoeftes en verwagtings van onderrigpersoneel aan Rhodes Universiteit om IKT te gebruik om die onderig-en-leerproses te verryk. Die rasionaal vir die gebruik van IKT fokus op die veranderende omgewing waarin hoër onderwys fungeer, die veranderende konsepte van kennis en kennisproduksie, en die oënskynlike potensiaal van IKT om onderwys te verbeter. Daarteenoor word die wyse waarop IKT gebruik word bespreek teen die agtergrond van voorvereistes vir suksesvolle integrasie en praktiese toepassings van tegnologie in onderrig en leer. / Dissertation (MEd)--University of Pretoria, 2009. / Curriculum Studies / Unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/29779
Date24 November 2009
CreatorsMostert, Markus
ContributorsHodgkinson, C.
PublisherUniversity of Pretoria
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Rights© 2000, University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.

Page generated in 0.0025 seconds