Return to search

Die waardasie en meting van ontasbare bates.

In praktyk word daar talle probleme met die rekeningkundige verantwoording van ontasbare bates ervaar. Hierdie probleme kan in vier hoof kategorieë verdeel word naamlik die identifikasie, erkenning, tydsgaping en meting van ontasbare bates (sien hoofstuk 2). Van al hierdie probleme is die metingsprobleem die grootste, m.a.w behoort ontasbare bates teen koste of teen billike waarde gemeet en in die state ingesluit te word? Daar is talle argumente teen die gebruik van beide en díe word in detail in hoofstuk 2 uiteengesit. Dit is die skrywer se mening dat billike waarde ‘n baie beter maatstaf vir sodaninge bates is, omdat koste gebaseerde maatstawwe nie altyd relevant is nie. Die grootste kritiek teen die gebruik van billike waarde -maatstawwe is egter dat dit onbetroubaar, ingewikkeld, duur en wisselvallig kan wees. Daar is ook vrese dat die openbaarmaking daarvan nadelig vir maatskappye se kompeterende voordeel kan wees.Die probleem wat rekeningkundiges in die gesig staar is dus eerstens om die kwalitatiewe eienskappe van relevantheid en betroubaarheid teen mekaar op te weeg. Indien hulle tot die gevolgtrekking kom dat relevantheid in hierdie geval belangriker is as betroubaarheid moet die kwessies van koste, ingewikkeldheid en wisselvalligheid steeds aangespreek word. Hierdie studie bestudeer benaderings en metodes om ontasbare bates teen hulle billike waarde te meet, ten einde te bepaal of sodanige metodes wel die kritiek daarteen kan oorkom, m.a.w. kan sodanige billike waarde -metodes wel ‘n betroubare, koste-effektiewe, verstaanbare en stabiele aanwysing van waarde verskaf? / Prof. D Coetsee

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:14674
Date06 December 2007
CreatorsStrydom, Michelle
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0021 seconds