Return to search

Managing bullying in primary schools in Johannesburg.

M.Ed. / Afknouery (bullying) is ’n wêreldwye verskynsel en die gevolge raak die afknouer, sy slagoffer en die hele gemeenskap. Hierdie navorsingstudie toon dat afknouery ’n werklikheid en ’n algemene verskynsel ook in óns skole is. Die insette van die skoolhoofde en leerlinge van die Verre Noord Laerskole, van Johannesburg-Oos D9, is gebruik om die omvang van afknouery in hierdie skole te bepaal asook die effektiwiteit van bestaande voorkomende maatreëls. Daar is gefokus op die verskillende vorms van afknouery, die oorsake en gevolge daarvan, die omvang van die probleem en die karaktereienskappe van “bullebakke”en hulle slagoffers. Skole se gedragskodes is onder die soeklig geplaas en voorkomende maatreëls en maniere van ingryping is bespreek. ’n Kwalitatiewe navorsingsmetode is gevolg om ’n diepgaande insig te kry in die skoolhoofde en leerders se menings en ervarings aangaande bogenoemde aspekte. Fokusgroep onderhoude is gebruik om inligting te bekom en die volgende kategorieë is geidentifiseer: • Die omvang van afknouery • Die formulering en implementering van ’n beleid teen afknouery • Strategiese ingrypingsaksie Die bevindings van die navorsing het aan die lig gebring dat die omvang van afknouery in Johannesburg-Oos D9, Verre Noord Laerskole, ernstige afmetings aanneem. Beleidsformulering teen afknouery en die implementering van sulke maatreëls is gebrekkig en te min ondersteuning bestaan vir die ontwikkeling van sodanige maatreëls en/of strategiese ingrypingsprogramme om die probleem aan te spreek. Daar word dus aanbeveel dat hierdie saak dringend en ernstig aandag ontvang en dat skole betrokke raak by voorkomende beleidsvorming en ingrypaksies. Die bekamping van hierdie euwel het ’n noodsaaklikheid geword wat nie langer verontagsaam durf word nie. Om die bestaan van afknouery te ignoreer, is om dit goed te keur!

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:8194
Date27 February 2009
CreatorsZeelie, Desmond Grant
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis

Page generated in 0.0019 seconds