Return to search

The representation of Caster Semenya in Beeld and Rapport during August and September 2009 : a case study

Thesis (MPhil)--Stellenbosch University, 2013. / Bibliography / ENGLISH ABSTRACT: The representation of women in the media has been problematic in many respects.
Women have often been portrayed in a limited number of roles and media reports have
often unnecessarily focused on their physical appearance. In 2009, South African athlete
Caster Semenya astonished the athletics world with her times in the 800 m. However, her
performance was soon overshadowed by speculation about her sex. Before long, an
Australian publication claimed that Semenya had male sexual organs and no womb or
ovaries. The publication of this report left other media with a number of ethical dilemmas.
This study examined the representation of Semenya in Beeld and Rapport, two Afrikaans
newspapers, during the height of speculation. The aim of the study was to determine
whether the specified media, in their portrayal of Semenya, adhered to journalism’s
ethical principle of truth-telling. Two theoretical frameworks, namely, Representation and
African womanism, were used as analytical tools. Qualitative content analysis was used to
analyse the portrayal of Semenya. The study found that the representation of Caster
Semenya did not adhere to journalism’s ethical principle of truth-telling in all respects. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Die uitbeelding van vroue in die media skiet steeds in verskeie opsigte tekort. Studies oor
die onderwerp dui daarop dat vroue dikwels in ’n beperkte aantal rolle uitgebeeld word.
Daar word ook gereeld onnodig na vroue se fisieke voorkoms verwys. In 2009 het die
Suid-Afrikaanse atleet Caster Semenya die atletiekwêreld verras met haar uitstekende tye
in die 800 m. Dié prestasie is egter gou oorskadu deur media-spekulasie oor die atleet se
geslag. ’n Australiese publikasie het kort daarna ’n berig gepubliseer wat beweer het dat
Semenya manlike geslagorgane het en geen baarmoeder of ovaria nie. Die publikasie van
dié berig het die media voor verskeie etiese uitdagings te staan gebring. Hierdie studie het
die uitbeelding van Semenya in Beeld en Rapport, twee Afrikaanse koerante, gedurende
die hoogtepunt van dié spekulasie ondersoek. Die doel van die studie was om te bepaal of
die spesifieke publikasies gehoor gegee het aan media-etiese voorskrifte met betrekking
tot die weergee van die waarheid. Twee teoretiese raamwerke, naamlik Uitbeelding en
womanism in Afrika, is in dié verband as vertrekpunt gebruik. Kwalitatiewe
inhoudsanalise is gebruik om die uitbeelding van Semenya te ontleed. Die studie het
bevind dat die uitbeelding van Semenya nie in alle opsigte in ooreenstemming was met
dié beginsel nie.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/80262
Date03 1900
CreatorsLamprecht, Engela
ContributorsSesanti, Simphiwe, Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Journalism.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format106 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.002 seconds