Thesis (MEdPsych (Educational Psychology))--University of Stellenbosch, 2009. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie is gedoen om die opvoedkundige ondersteuning wat leerders in spesiale
jeugsorgsentrums in die Wes-Kaap ontvang te ondersoek, deur gebruik te maak van ’n
kwalitatiewenavorsingsontwerp en binne ’n interpretatiewe paradigma te werk. Hierdie
studie het ook die belewenisse van manlike jeugoortreders ten opsigte van hul
opvoedkundige ervaring binne die rehabilitasiekonteks ondersoek. Die populasie vir die
studie was oortreders in ’n spesiale jeugsorgsentrum – ’n onderwysinrigting waartoe
jeugdiges deur die hof gevonnis word indien hulle herhaaldelik by misdaad betrokke is.
Die navorsing het uitgelig dat die jeugoortreders in die studiepopulasie ’n lang
geskiedenis van aanhouding het; dat hulle voorheen in ’n inrigting van die Departement
van Maatskaplike Ontwikkeling, ’n gevangenis van die Departement Korrektiewe
Dienste en ’n spesiale jeugsentrum van die Departement van Onderwys aangehou is. Die
betekenisvolheid hiervan is dat dit toon hoe gefragmenteer dienste aan jeugdige
oortreders gelewer word. Daar was baie onderbrekings in die deelnemers se
opvoedkundige pad, asook verwydering van die gesins- en gemeenskapslewe.
Verder wil dit voorkom of geen departement aanspreeklikheid aanvaar het vir die
rehabilitasie van die jeugdiges nie, aangesien hulle heen en weer tussen die inrigtings van
die verskillende departemente geskuif is. Daar moet beter samewerking en skakeling
wees tussen alle departemente wat betrokke is by jeugoortreders en die implimentering
van programme moet effektief gemonitor en gereeld geëvalueer word. Programme moet
gereeld hersien en konstant aangepas word om sodoende die lewensvatbaarheid van die
programme en inrigtings te bepaal. Jeugdiges in jeugsentrums is nie ’n homogene groep
nie en kom uit verskillende agtergronde met diverse opvoedingsbehoeftes waarin
voorsien moet word.
Die jeugdiges het ook hul opvoedkundige behoeftes verwoord en dit het
beroepsvaardighede, sosiale en morele ontwikkeling ingesluit. Verder is die redes
ondersoek waarom die jeugdiges aanhoudend betrokke bly by misdaad. Hulle het
aangevoer dat dit as gevolg van portuurdruk, dwelms en armoede is. Die jeugdiges het
ook voorstelle van alternatiewe programme en ondersteuning gemaak. Volgens hulle
moet dit insluiting in die gemeenskap, positiewe vryetydsbesteding, erkenning deur ander
en weerbaarheid behels. / ENGLISH ABSTRACT: This study was done to investigate the educational support that learners receive at a
special youth centre in the Western Cape, by making use of a qualitative research design
and working within an interpretive paradigm. This study also investigated the experiences
of male youth offenders with regard to education within the rehabilitation context. The
study population were young offenders in a special youth centre, which is an educational
institution where young offenders are being sentenced to after being repeatedly involved
in crime.
The research revealed that the youth offenders of the study population have a long history
of detention; that they were held in an institution of the Department of Social
Development, the prison of the Department of Correctional Services and special youth
centres of the Department of Education. This finding is significant because it shows the
fragmentation of services that are delivered to youth offenders. There was a lot of
interruption along the participants’ educational pathway, as well as removal from family
and community life.
Furthermore, it would appear that no department accepted responsibility for the
rehabilitation of the youths, because they were moved back and forth between the
institutions of the different departments. There should be better collaboration and liaising
between departments that are involved with young offenders and the implementation of
programmes should be monitored effectively and evaluated regularly. Programmes
should also be reviewed regularly and constantly adjusted to establish whether is the
programmes and institutions are sustainable. The youth in youth centres are not a
homogenous group and come from different backgrounds with diverse educational needs
that should be met.
The youths also voiced their educational needs, which included workplace skills, social
and moral development. Furthermore, the reasons why the youths continue to be involved
in crime were investigated. They said that it was because of peer pressure, drugs and
poverty. The youths also made suggestions of alternative programmes and support.
According to them it should entail inclusion in the community, positive free-time
spending, recognition by others and resilience.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/3021 |
Date | 12 1900 |
Creators | Fredericks, Duwatt Florus Tersius |
Contributors | Daniels, Doria, University of Stellenbosch. Faculty of Education. Dept. of Educational Psychology. |
Publisher | Stellenbosch : University of Stellenbosch |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | Afrikaans |
Detected Language | English |
Type | Thesis |
Rights | University of Stellenbosch |
Page generated in 0.0032 seconds