Return to search

Narratiewe van die self in die Boeregemeenskap tydens die Suid-Afrikaanse grondhervormingsproses na 1994 (Afrikaans)

AFRIKAANS : Hierdie studie behels drie narratiewe wat gekonstrueer is uit onderhoude met boere wat die boerdery na 1994 verlaat het. Die fokus van die studie is om die private en openbare diskoerse wat ’n konteks skep vir boere om die boerdery te verlaat, te identifiseer. Daar is tans ’n eksodus van boere uit die landbou. Hierdie tendens skep ’n konteks vir destabilisasie van die platteland en beïnvloed al die betrokke rolspelers. Tog is min of geen navorsing in die sielkunde oor die belewenisse van hierdie groep mense onderneem nie. Die navorsing is uitgevoer vanuit ’n sosiale konstruksionistiese benadering wat binne die postmoderne diskoers geanker is. ’n Diskoersanalise is uitgevoer op die teks van drie navorsingsdeelnemers wat nog tot onlangs toe geboer het, maar intussen hul narratiewe moes rekonstrueer. Die unieke betekenis wat deur die navorsingsteks gekonstrueer word, is dat die verduidelikende lokus vir menslike gedrag vanaf die klassieke fokus op persoonlike belewenisse en verstandelike prosesse wat binne individue gesetel is, na ’n fokus op prosesse en strukture van menslike interaksie verskuif. Die navorsingsteks beskik dus oor die vermoë om ’n bewustheid by sielkundiges en verwante beroepe te konstrueer om vanuit ’n nuwe perspektief na die sielkundige diskoers te kyk. In hoofstuk een deel ek my eie boerderynarratief met die leser en stel die navorsingsvraag bekend. In hoofstuk twee word die konteks waarbinne boerdery in Suid-Afrika gesitueer is, aan die hand van ’n literatuurstudie uiteengesit. Dit word in hoofstuk drie opgevolg met ’n verduideliking van die paradigmatiese vertrekpunt, naamlik sosiale konstruksionisme. Diskoersanalise wat as ’n metode gebruik word om die teks te eksploreer word ook bespreek. Met hierdie agtergrond in gedagte word daar in hoofstuk vier oorgegaan na die fokus van die navorsing, naamlik die eksplorasie van teks. ’n Diskoersanalise is op die teks van drie navorsingsdeelnemers gedoen. Diskoerse wat in die proses geïdentifiseer is, sluit die volgende in: gesin-van-oorsprong-diskoers; beroepsdiskoers; politieke diskoers; misdaad-diskoers; ekonomiese diskoers; stoettelersdiskoers; middelman-diskoers; patriargale diskoers; ouderdomsdiskoers; beleggingsdiskoers; biomediese diskoers; opvoedingsdiskoers; die koöperasie as ’n instelling; sowel as diskoerse wat in die pers gevoer word. Hierdie diskoerse vorm saam die konteks waarbinne boere besluite oor hul toekoms neem. Die bevindings word nie as die waarheid hanteer nie, maar as die waarheid wat deur taal en magsverhoudings in stand gehou word. U word genooi om verder te lees en die sentrale posisie wat taal beklee in die skepping van die realiteit van die mens se bestaan, en in die konstruering van die navorsingsnarratief, vir uself te ontdek. ENGLISH : This study comprises three narratives that were constructed from interviews conducted with farmers who had given up farming after 1994. The focus of the study is to identify the private and public discourses that create a context for farmers to give up farming. Currently, an exodus of farmers is taking place from agriculture. This trend creates a context for the destabilisation of rural areas and affects all parties involved. However, in the field of psychology little research, if any, has been conducted into the experiences of this group of people. The research was conducted from a social constructionism approach anchored in the postmodern discourse. A discourse analysis was done of the text of three research participants who had been farming until recently, but who since had to reconstruct their narratives. The unique meaning constructed by the research text is that the explanatory locus of human behaviour has moved away from the classic focus on personal experiences and mental processes residing in individuals, to a focus on processes and structures of human interaction. The research text has the potential of constructing awareness among psychologists and related professions to view the psychological discourse from a new perspective. In chapter one I share my own farming narrative with the reader and introduce the research question. Chapter two comprises the context in which the farming industry is situated in South Africa based on a study of relevant literature. That is followed by an explanation of the paradigmatic point of departure known as social constructionism in chapter three. Discourse analysis is also discussed as a method used to explore the text. Bearing this in mind, chapter four moves on to the research focus, that is the exploration of text. A discourse analysis was done of the text of three research participants. Discourses identified in the process include the following: family-of-origin discourse; career discourse; political discourse; crime discourse; economic discourse; stud-farming discourse; middleman discourse; patriarchal discourse; age discourse; investment discourse; bio-medical discourse; educational discourse; the cooperative as an institution; as well as discourses conducted in the press. Together these discourses form the context within which farmers make decisions about their future. The findings are not dealt with as the truth, but as the truth maintained in language and relationships of power. You are invited to read on and to discover for yourself the central position which language holds in creating the reality of man’s existence and in constructing the research narrative. / Dissertation (MA)--University of Pretoria, 2008. / Psychology / unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/30386
Date15 December 2008
CreatorsDu Toit, Petronella Cornelia
ContributorsMs A Pauw, Dr E du Preez, dantoit@global.co.za
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Rights©University of Pretoria 2007 E1159/

Page generated in 0.0027 seconds