M.Com. (Business Mangement) / Die grootste enkele uitdaging van bestuurders van ontwikkelende lande vandag is om die produktiwiteit van "kenniswerkers" en "dienste werkers" te verhoog. Volgens Drucker (1991:69) sal hierdie uitdaging 'n belangrike punt op die agenda van bestuurders wees vir die volgende dekade en sal dit deurslaggewend wees vir die mededingende prestasies van diensondernemings. Drucker (1991: 70) beweer verder dat produktiwiteitsverhoging die hoof ekonomiese prioriteit van ontwikkelende lande behoort te wees. Produktiwiteitsverbetering is een van die metodes wat aangewend kan word om ekonomiese groei en stabilitiet te bevorder. Die winsmotief in die private sektor dien as 'n aansporing vir bestuur om produktiwiteit te verhoog. Die strewe na produktiwiteitsverhoging is egter volgens Kruger (1991:3) nie 'n einddoel opsig self nie, maar eerder 'n middel tot die doel. Produktiwiteit is 'n bestuursverantwoordelikheid en 'n ondernemingsdoelwit. Die bestuur van ondernemings het verskillende hulpbronne, naamlik mense, tegnologie, grondstowwe en kapitaal tot hulle beskikking. Dit is bestuur se plig om hierdie hulpbronne so produktief moontlik te laat ontvorm tot gevraagde produkte en dienste (De Clerk, 1983:12)...
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:3701 |
Date | 10 February 2014 |
Creators | Pieterse, Theodorus Daniel |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Rights | University of Johannesburg |
Page generated in 0.002 seconds