Return to search

Uitkomsgebaseerde onderwys : 'n raamwerk vir die optimalisering van diverse leerders se kognitiewe potensiaal

Thesis (MEd)--University of Stellenbosch, 2002. / ENGLISH ABSTRACT: South-Africa is presently in a process of transformation towards the provision of quality
education for all. There prevails an aim of equal education to all learners. A vision of lifelong
learning was formulated on a national level so that all parties concerned can contribute
towards an equal education. All parties concerned, including educators, have the learner as
the central figure. The meaning of the word "learner" should be thought over by all
educators, especially seen against the background of the national vision that sets inclusive
and cognitive education as a priority. The educator's task now includes learners with special
educational needs.
The insights generated in this study reveals that educaters, at this moment, are not
empowered to maximised and develop the cognitive potential of the diverse learner. The
working method of schools (especially educators) should be of such a nature that all learner's
cognitive, emotional, psycho-motorical and intellectual abilities should be maximised and
developed. Outcomes-Based Education (OBE) as an educational approach have theoretical
and philosophical assumptions which makes it appropriate for implementing cognitive and
inclusive education. This qualitative study review literature and explores the world of the
educator to generate insights to construct a framework to help educators to understand the
relationship between OBE, Curriculum 2005 and cognitive education within an Inclusive
Framework. Life-long learning and applied learning do not focus primarily on the
reproduction of facts and knowledge, it aims to construct knowledge through a variety of
study, learning and thinking strategies. Each learner has inherent potential and the ability to
be successful in spite of his/her needs. The focus shifts to the learners strengths in order to
guide and develop their potential and abilities.
To establish a culture of teaching and learning in our schools reaches further than concerns
about large classes and undisciplined learners. Except experience, educators need a frame of reference to work with a variety of learners stemming from different sosio-economic
backgrounds, each with his/her own learningstyle and information processing abilities. In the
workplace educators should use a meta-theoretical approach, consisting of a variety of
learning, thinking and teaching strategies to benefit the diverse learner. A collective energy
is needed in the establishment of an educational culture that is tolerant towards diverse
thoughts, values, attitudes and practises. To build that culture, it is very important for each
educator to have a conceptual and theoretical framework of OBE, C200S and cognitive
education.
This study aims to provide a framework for educators to work in schools to the benefit of
diverse learners. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Suid-Afrika is tans in 'n transformasiestadium, ook wat onderwysvoorsiening aan almal
betref. Daar heers veral 'n strewe na die voorsiening van 'n gelyke onderwysvoorsiening vir
alle leerders. 'n Visie van lewenslange leer is onlangs op nasionale vlak geformuleer sodat
alle belanghebbendes op 'n gesonde wyse kan bydra tot 'n gelyke onderwysvoorsiening. Al
hierdie belanghebbendes (insluitend opvoeders) deel een gemeenskaplikheid, naamlik die
leerder. Dit is juis waar die probleem lê. Die begrip" leerder" behoort deur elke opvoeder
herbesin te word, veral gesien teen die agtergrond van die nasionale visie wat inklusiewe
onderwys en kognitiewe onderwys as prioriteit daar stel. Die opvoeder se taak sluit nou
leerders met spesiale onderwysbehoeftes in.
Die insigte gegenereer in hierdie studie dui daarop dat opvoeders nie op hierdie stadium ten
volle bemagtig is om die kognitiewe potensiaal van die diverse leerder te optimaliseer nie.
Skole (maar veralopvoeders) se werkswyse moet van so 'n aard wees dat alle leerders se
kognitiewe, emosionele, psigo-motoriese en intellektuele vermoëns optimaal gestimuleer en
verder ontwikkel word. Uitkomsgebaseerde onderwys (UGO) as onderwysbenadering se
teoretiese en filosofiese onderbou is van so 'n aard dat dit uiters geskik is vir die
implementering van kognitiewe en inklusiewe onderwys. Die kwalitatiewe aard van hierdie
studie behels die verkenning van verskillende literatuur en ondersoek die leefwêreld van
opvoeders waarna gepoog word om 'n konseptuele raamwerk te struktureer om die verband
tussen UGO, K2005 en kognitiewe opvoeding toe te lig binne 'n inklusiewe raamwerk.
Lewenslange leer en toegepaste leer fokus nie primêr op die reproduksie van feite en kennis
nie, maar het dit ten doelom kennis te konstrueer aan die hand van studie, leer en denke.
Elke leerder beskik oor die inherente potensiaal en die vermoëns om suksesvol te wees
ongeag sy/haar behoeftes. Die fokus verskuif na elke leerder se sterkpunte ten einde hulle te
bestuur en te ontwikkel. Om dus 'n kultuur van onderrig en leer in ons skole te skep, strek verder as die
bekommernisse oor groot klasse en ongedissiplineerde leerders. Buiten ervaring, benodig
opvoeders 'n verwysingsraamwerk om met verskillende leerders te werk afkomstig uit
verskillende sosio-ekonomiese agtergronde, elkeen met sy eie voorkeurmodaliteit en
informasie prosesseringsvermoë. Die praktyk vereis dat opvoeders aan die hand van metateoretiese
werkswyses gebruik maak van verskillende leer, denk en onderrigstrategieë tot
voordeel van die diverse leerder. Hiervoor word 'n kollektiewe energie benodig wat in die
skep van 'n opvoedkundige kultuur wat verdraagsaam is teenoor diverse denke, dieselfde
denke, waardes, houdings en praktyke. Om gestalte aan so 'n kultuur te gee, is dit uiters
belangrik dat elke opvoeder oor 'n eietydse konseptueie en teoretiese raamwerk ten opsigte
van UGO, K200S en kognitiewe opvoeding beskik.
Hierdie studie poog om 'n raamwerk aan opvoeders te voorsien om in skole te werk tot
voordeel van die diverse leerder.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/53206
Date12 1900
CreatorsDe Bruyn, Trevor Neil
ContributorsHall, R., Stellenbosch University. Faculty of Education. Dept. of Curriculum Studies.
PublisherStellenbosch : Stellenbosch University
Source SetsSouth African National ETD Portal
Languageaf_ZA
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Format202 p.
RightsStellenbosch University

Page generated in 0.0067 seconds