Return to search

Bevolkingsdinamika van die vlakhaas, lepus capensis L. 1758, in die Willem Pretorius-wildtuin

'n Studie is op die vlakhaas in die Willern Pretorius-wildtuin vanaf
Januarie 1975 tot September 1977 uitgevoer. Tydens die studie is
aspekte soos reproduksie, enkele morfologiese en fisiologiese aspekte, habitatsvoorkeure, aktiwiteite, loopgebiede en territoria onder
soek. Uit 'n monster van vlakhase wat maandeliks versamel is, is gevind dat die vlakhaas die hele jaar teel maar 'n duidelike hoof-teelseisoen kom tussen Julie en Desember voor waartydens 76,72 persent van die jaarlikse dragtigheid voorkom. Die hoof-teelseisoen van die mannetjie, gebaseer op testisvolume, strek van Junie tot Januarie. Die verandering in dagliglengte is die vernaamste omgewingsfaktor wat 'n invloed op die teelseisoen het. Hormoonkonsentrasies van LH, FSH, ISH, estrogeen
en testosteroon in die bloedstroom is ook bepaal. Tydens ovulasie
word 'n maksimum van drie ova afgeskei maar die meeste werpsels
(76,5 persent) het slegs een embrio gehad. 'n Volwasse wyfie produseer gemiddeld 4,13 werpsels en 4,69 kleintjies per jaar. Die volwasse wyfie is gerniddeld 225 g swaarder as die volwasse
rnannetjie. Beide geslagte toon 'n toenarne in die niervetindeks
voor die hoof-teelseisoen. Volgens die bynierindeks is die vlakhaasbevolking aan spanning onderhewig gedurende die maande Mei, Junie en Julie. Weens groot variasie binne en tussen die maande kon geen tendense in die miltindeks verkry word nie. Die vlakhaas kom slegs in agt van die sewentien veldtipes in die Willem Pretorius-wildtuin voor. Hierdie veldtipes kom hoofsaaklik op die vlaktes en lae rante voor. Die kolhaas daarenteen kom hoofsaaklik op die vlaktes en lae rante voor en gee hoofsaaklik vir veldtipes in bebosde dele en rante voorkeur. Binne 'n veldtipe gee die vlakhaas voorkeur aan 'n lae plantdigtheid en planthoogte. Uit 'n uurlikse aktiwiteitsopname is gevind dat die vlakhaas geen voorkeur aan 'n bepaalde gedeelte van die nag gee nie. 'n Hoër intensiteit in aktiwiteite asook relatief meer pare is egter gedurende die hoof-teelseisoen gevind. Die gemiddelde loopgebiede van 'n vlakhaaswyfie is 8,25 ha teenoor die 6,49 ha vir 'n vlakhaasmannetjie. Die loopgebiede het slegs op die grense oorvleuel. Die afstande tussen die middelpunte van die loopgebiede was groter tussen die mannetjies as tussen die wyfies of tussen mannetjies en wyfies. / Dissertation / gm2013 / Zoology and Entomology

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/32322
Date January 1978
CreatorsWessels, Theunis Cornelius
ContributorsBothma, Jacobus du P.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Rights© 1978 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria

Page generated in 0.0016 seconds