Return to search

Training in lesson planning skills

M.Ed. (Teaching Studies) / Hierdie navorsing is gebaseer op die onderrigvaardighede wat tydens lesvoorbereiding en lesbeplanning benodig word. Onderwysers benodig sekere toepaslike en relevante onderrigvaardighede binne die onderwys professie. Daar word gepoog om die basiese onderrigvaardighede te identifiseer wat benodig word tydens lesvoorbereiding en -beplanning, hoe 'n onderwysstudent hierdie vaardighede kan bemeester en om te bepaal of die vaardighede deur die onderwysers aangewend word in die werklike onderrigsituasie. Die doeI van hierdie studie word volledig in hoofstuk 1 uiteengesit. Die doelstellings is as volg: * om 'n verskeidenheid van vaardighede wat tydens lesvoorbereiding en beplanning benodig word, te identifiseer; om ondersoek in te stel of hierdie vaardighede aan onderwyskolleges en universiteite wei onderrig word; om te bepaal of onderwyskolleges en universiteite (volgens die respondente) die nodige aandag, prakties sowel as teoreties, aan die onderrig van genoemde vaardighede bestee, en om te bepaal of die vaardighede, indien wei onderrig is, in die klaskamersituasie aangewend word. 'n Vraelys is saamgestel wat op die basiese onderrigvaardighede gebaseer is en wat onder andere die volgende insluit: besluitnemingsvaardighede; onderrigvaardighede betreffende die leerling se beginsituasie; vaardighede om die doel, doelstellings, lesinhoud, leerling-onderwyseraktiwiteite, leerinhoud, organisasie, evaluasie en terugvoer korrek te selekteer. Die vraelys is deur onderwysers van verskillende jaargroepe in verskillende skole voltooi om sodoende data van onderwysvaardighede tydens lesbeplanning en -voorbereiding in te same!. Die bevinding van die vraelys weerspieel die opinie dat aile jaargroepe van onderwysers saamstem dat die teoretiese aspek van hul opleiding genoegsame aandag geniet, maar dat die praktiese opleiding van onderwysers nie dieselfde aandag geniet nie. Die bevindings dui daarop dat 'n ongebalanseerdheid bestaan tussen die teorie en die praktyk. In die lig hiervan het die navorser dit nodig geag om sekere aanbevelings aan kolleges en universiteite te maak, ter bevordering van die status quo. Daar word onder andere voorgestel dat tersiere inrigtings hul huidige onder-wysersopleiding kurrikula en opleidingsprogramme hersien, ten einde meer effektiewe praktiese ondervinding aan onderwysstudente te bied, en hulle sodoende beter toerus met die vereiste onderrigvaardighede wat hulle in staat sal stel om hulle taak met beter bevoegdheid, meer effektiwiteit en sukses te verrig.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:7973
Date29 January 2014
CreatorsChuma, Vivian Khensane
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of Johannesburg

Page generated in 0.0021 seconds