Return to search

Non-binary LDPC coded STF-MIMO-OFDM with an iterative joint receiver structure

The aim of the dissertation was to design a realistic, low-complexity non-binary (NB) low density parity check (LDPC) coded space-time-frequency (STF) coded multiple-input multiple-output (MIMO) orthogonal frequency division multiplexing (OFDM) system with an iterative joint decoder and detector structure at the receiver. The goal of the first part of the dissertation was to compare the performance of different design procedures for NB-LDPC codes on an additive white Gaussian noise (AWGN) channel, taking into account the constraint on the code length. The effect of quantisation on the performance of the code was also analysed. Different methods for choosing the NB elements in the parity check matrix were compared. For the STF coding, a class of universal STF codes was used. These codes use linear pre-coding and a layering approach based on Diophantine numbers to achieve full diversity and a transmission rate (in symbols per channel use per frequency) equal to the number of transmitter antennas. The study of the system considers a comparative performance analysis of di erent ST, SF and STF codes. The simulations of the system were performed on a triply selective block fading channel. Thus, there was selectivity in the fading over time, space and frequency. The effect of quantisation at the receiver on the achievable diversity of linearly pre-coded systems (such as the STF codes used) was mathematically derived and verified with simulations. A sphere decoder (SD) was used as a MIMO detector. The standard method used to create a soft-input soft output (SISO) SD uses a hard-to-soft process and the max-log-map approximation. A new approach was developed which combines a Hopfield network with the SD. This SD-Hopfield detector was connected with the fast Fourier transform belief propagation (FFT-BP) algorithm in an iterative structure. This iterative system was able to achieve the same bit error rate (BER) performance as the original SISO-SD at a reduced complexity. The use of the iterative Hopfield-SD and FFT-BP decoder system also allows performance to be traded off for complexity by varying the number of decoding iterations. The complete system employs a NB-LDPC code concatenated with an STF code at the transmitter with a SISO-SD and FFT-BP decoder connected in an iterative structure at the receiver. The system was analysed in varying channel conditions taking into account the effect of correlation and quantisation. The performance of different SF and STF codes were compared and analysed in the system. An analysis comparing different numbers of FFT-BP and outer iterations was also done. AFRIKAANS : Die doel van die verhandeling was om ’n realistiese, lae-kompleksiteit nie-binˆere (NB) LDPC gekodeerde ruimte-tyd-frekwensie-gekodeerde MIMO-OFDM-sisteem met iteratiewe gesamentlike dekodeerder- en detektorstrukture by die ontvanger te ontwerp. Die eerstem deel van die verhandeling was om die werkverrigting van verskillende ontwerpprosedures vir NB-LDPC kodes op ’n gesommeerde wit Gausruiskanaal te vergelyk met inagneming van die beperking op die lengte van die kode. Verskillende metodes om die nie-bineêre elemente in die pariteitstoetsmatriks te kies, is gebruik. Vir die ruimte-tyd-frekwensiekodering is ’n klas universele ruimte-tyd-frekwensiekodes gebruik. Hierdie kodes gebruik lineêre pre-kodering en ’n laagbenadering gebaseer op Diofantiese syfers om volle diversiteit te bereik en ’n oordragtempo (in simbole per kanaalgebruik per frekwensie) gelyk aan die aantal senderantennes. Die studie van die sisteem oorweeg ’n vergelykende werkverrigtinganalisie van verskillende ruimte-tyd-, ruimte-freksensie- en ruimte-tyd-frekwensiekodes. Die simulasies van die sisteem is gedoen op ’n drievoudig selektiewe blokwegsterwingskanaal. Daar was dus selektiwiteit in die wegsterwing oor tyd, ruimte en frekwensie. Die effek van kwantisering by die ontvanger op die bereikbare diversiteit van lineêr pre-gekodeerde sisteme (soos die ruimte-tyd-frekwensiekodes wat gebruik is) is matematies afgelei en bevestig deur simulasies. ’n Sfeerdekodeerder (SD) is gebruik as ’n MIMO-detektor. Die standaardmetode wat gebuik is om ’n sagte-inset-sagte-uitset (SISO) SD te skep, gebruik ’n harde-na-sagte proses en die maksimum logaritmiese afbeelding-benadering. ’n Nuwe benadering wat ’n Hopfield-netwerk met die SD kombineer, is ontwikkel. Hierdie SD-Hopfield-detektor is verbind met die FFT-BP-algoritme in iteratiewe strukture. Hierdie iteratiewe sisteem was in staat om dieselfde bisfouttempo te bereik as die oorspronklike SISO-SD, met laer kompleksiteit. Die gebruik van die iteratiewe Hopfield-SD en FFT-BP-dekodeerdersisteem maak ook daarvoor voorsiening dat werkverrigting opgeweeg kan word teen kompleksiteit deur die aantal dekodering-iterasies te varieer. Die volledige sisteem maak gebruik van ’n QC-NB-LDPC-kode wat met ’n ruimte-tyd-frekwensiekode by die sender aaneengeskakel is met ’n SISO-SD en FFT-BP-dekodeerder wat in ’n iteratiewe struktuur by die ontvanger gekoppel is. Die sisteem is onder ’n verskeidenheid kanaalkondisies ge-analiseer met inagneming van die effek van korrelasie en kwantisering. Die werkverrigting van verskillende ruimte-frekwensie- en ruimte-tyd-frekwensiekodes is vergelyk en in die sisteem ge-analiseer. ’n Analise om ’n wisselende aantal FFT-BP en buite-iterasies te vergelyk, is ook gedoen. Copyright / Dissertation (MEng)--University of Pretoria, 2010. / Electrical, Electronic and Computer Engineering / unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/28061
Date20 September 2010
CreatorsLouw, Daniel Johannes
ContributorsDr B T Maharaj, danie.louw@up.ac.za
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeDissertation
Rights© 2010, University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.

Page generated in 0.0129 seconds