Return to search

Skikkings in die Suid-Afrikaanse maatskappyereg

Die doel van hierdie proefskrif was om bestaande prohleme in
verband met maatskappyregtelike skikkings te ondersoek, in die
lig daarvan dat die prosedure berug is as n wyse om misdadige
bedrywighede rondom die ineenstorting van n maatskappy te verberg.
Die ondersoek is hoofsaaklik beperk tot skikkings, hoewel skikkings
en reelings deur dieselfde bepalings van die Wet gereguleer
word.
Die geskiedkundige ontwikkeling van artikels 311 en 312 is
vanaf hul ontstaan in die Engelse wetgewing nagegaan. Die begrippe
"skikking" en "reeling" is ontleed en die praktiese gebruike
daarvan nagegaan. l
Ons howe beskou n goedgekeurde maatskappyregtelike skikking as
n kontrak; dit voldoen egter nie aan die vereistes vir n
kontrakregtelike skikking nie. Die tersaaklike kontraktuele
aspekte is derhalwe nagegaan.
Aan die hand van regspraak en n aantal goedgekeurde skikkings,
is die inhoud van n skikkingsaanbod ontleed.
Die toepaslike prosedure en formaliteite is sorgvuldig nagegaan,
in die lig daarvan dat die Wet eerder hierop klem 1~ as op die
inhoud van die skikking. Besondere aandag is aan die grondslag
vir indeling van skuldeisers en lede in verskillende klasse
gegee. Statutere regulering van die skikkingprosedure eindig nadat die
skikking van krag geword het. Die verdere verloop vind in
ooreenstemming met die bepalings van die skikking plaas. Uitvoering
hiervan word deur n sogenaamde ontvanger namens skuldeisers
waargeneem, n amp wat nog nie statutere erkenning geniet
nie, maar wat in die praktyk duidelik uitgekristalliseer het.
Aan die hand van regspraak is sy amp verder nagegaan en is
daar aanbeveel dat, net soos in Australie, sy amp statuter erken
en gereel behoort te word.
Daar is gelet op misbruik van die skikking- en reelingskemaprosedure,
sowel as op die behoefte aan beter beskerming van
skuldeisers en lede.
Daar is aanbeveel dat waar n maatskappy in likwidasie of onder
,geregtelike bestuur is, skikkings uit die artikel 311-prosedure
gelig behoort te word en in ooreenstemming met die akkoordprosedure
by insolvensie gebring te word, met die verskil dat
likwidasie of geregtelike bestuur onmiddellik by bekragtiging
van n skikking opgehef kan word.
Yoldoende tyd vir behoorlike ondersoek van n maatskappy se sake
behoort toegelaat te word alvorens n skikking oorweeg kan word
en meer omvattende inligting behoort aan skuldeisers en lede
verskaf te word.
Die howe behoort in die uitoefening van hul diskresie deur n
deskundige bygestaan te word wat oor die ekonomiese aspekte van n
skema verslag doen. / Thesis (LLD)--University of Pretoria, 1983. / gm2014 / Mercantile Law / Unrestricted

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:up/oai:repository.up.ac.za:2263/41935
Date January 1983
CreatorsDe la Rey, Elisabeth Marie
ContributorsBotha, D.H.
Source SetsSouth African National ETD Portal
LanguageAfrikaans
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
Rights© 1983 University of Pretoria. All rights reserved. The copyright in this work vests in the University of Pretoria. No part of this work may be reproduced or transmitted in any form or by any means, without the prior written permission of the University of Pretoria.

Page generated in 0.0024 seconds