Thesis (MScEng)--Stellenbosch University, 2013. / ENGLISH ABSTRACT: Innovation is widely considered a key prerequisite for achieving organisational
competitiveness and sustained long-term wealth in our increasingly volatile business
environment. It is therefore imperative that organisations enable themselves to
relentlessly pursue constant innovation; to grow and mature their innovation capability. A
study aimed at organisational support by means of business tools toward maturity
growth in these innovation capability areas is therefore warranted.
Knowledge management plays a fundamental role in the enterprise’s ability to innovate
successfully, and the question arises whether knowledge management tools and
organisational facilitating conditions can be used to grow innovation capability maturity.
The existing literature on the subject is sparse, which led to the following research
problem statement: No formal guidelines exist for the use of knowledge management to
grow innovation capability maturity.
Knowledge conversion is a prominent theme within the knowledge management field.
Knowledge creation processes form the core of this knowledge creation model and
therefore, one solution to the above-stated problem is to investigate the use of
knowledge creation processes to grow innovation capability maturity. This notion
provides the platform for aligning knowledge creation processes to the requirements for
innovation capability growth from one maturity level to the next as the cornerstone for
developing a knowledge management framework that enables innovation capability
maturity growth.
In order to align these knowledge processes with the requirements for growth in
innovation capability maturity, the author identified a knowledge creation path as a key
enabler for maturity growth in each innovation capability area. Knowledge management
tools and organisational facilitating conditions that support the specific knowledge
processes highlighted in the identified path were identified through a literature study and
subsequently synthesised to form a framework.
The impact of this framework lies in providing guidelines for the use of knowledge
management as a vehicle for innovation capability maturity growth. / AFRIKAANSE OPSOMMING: Innovasie word allerweë beskou as ’n kernvereiste vir die verkryging van
organisatoriese mededingendheid en volhoubare langtermynsukses in ons toenemend
wisselvallige sake-omgewing. Dit is dus noodsaaklik dat organisasies hulself in staat stel
om meedoënloos konstante innovasie na te streef; om hul innovasievermoë uit te brei
en volwassenheid daarin te bereik. ’n Studie gemik op organisatoriese ondersteuning
deur middel van sake-hulpmiddels ten einde groei in volwassenheid in hierdie
innovasievermoë-areas te bereik, is dus nodig.
Kennisbestuur speel ’n fundamentele rol in die onderneming se vermoë om suksesvol te
innoveer, wat die volgende vraag ontlok: Kan kennisbestuurhulpmiddels en
organisatoriese fasiliteringsomstandighede gebruik word om
innovasievermoëvolwassenheid te bereik? Die bestaande literatuur oor die onderwerp is
gebrekkig, wat aanleiding tot die volgende probleemstelling gegee het: Daar is geen
formele riglyne vir die gebruik van kennisbestuur om innovasievermoëvolwassenheid te
verbeter nie.
Kennisomskakeling is ’n prominente tema in die gebied van kennisbestuur.
Kennisskeppingsprosesse vorm die kern van hierdie kennisskeppingsmodel en daarom
is een oplossing tot bogenoemde probleem om die gebruik van
kennisskeppingsprosesse om innovasievermoëvolwassenheid te verbeter, te
ondersoek. Hierdie idee skep ’n platform om kennisskeppingsprosesse met die vereistes
vir innovasievermoëverbetering van een volwassenheidsvlak tot die volgende te belyn,
as hoeksteen vir die ontwikkeling van ’n kennisbestuurraamwerk om
innovasievermoëvolwassenheid te verbeter.
Ten einde hierdie kennisprosesse met die vereiste vir groei in
innovasievermoëvolwassenheid te belyn, het die outeur ’n kennisskeppingspad as
kernelement geïdentifiseer om volwassenheidsgroei in elke innovasievermoë-area in die
hand te werk. Kennisbestuurhulpmiddels en organisatoriese fasiliteringsomstandighede
wat die spesifieke kennisprosesse wat in die geïdentifiseerde pad uitgelig word,
ondersteun, is deur middel van ’n literatuurstudie geïdentifiseer en daarna gesintetiseer
om ’n raamwerk te vorm.
Die impak van hierdie raamwerk lê daarin om riglyne vir die gebruik van kennisbestuur
as ’n middel tot innovasievermoëvolwassenheidsgroei te bied.
Identifer | oai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:sun/oai:scholar.sun.ac.za:10019.1/85716 |
Date | 12 1900 |
Creators | Esterhuizen, Denele |
Contributors | Schutte, C. S. L., Stellenbosch University. Faculty of Engineering. Dept. of Industrial Engineering. |
Publisher | Stellenbosch : Stellenbosch University |
Source Sets | South African National ETD Portal |
Language | en_ZA |
Detected Language | Unknown |
Type | Thesis |
Format | x, 114, lxxix p. : ill. |
Rights | Stellenbosch University |
Page generated in 0.0025 seconds