Return to search

'n Ontleding van houdinge teenoor die M.Com-Ondernemingsbestuurkursus van die Randse Afrikaanse Universiteit

M.Com. ( Business Management) / Daar is tans In nasionale gewaarwording dat daar In toenemende behoefte bestaan vir mensllke hulpbronontwikkeling wat bestuursopleiding Insluit. Die kritiese rol van bestuur in die bepaling van 'n organisasie se sukses, word allerwee aanvaar. Opleiding en ontwikkeling van bestuurders is een metode om uiteindelik die doeltreffendheid van In organisasie te verseker. Genoemde bestuursopleiding kan plaasvind 'deur' middel van interne indiensopleiding, ad hoc opleidingskursusse deur nie-tersiere instellings sowel as opleidingskursusse deur tersiere instellings. Erkende bestuurskursusse aan sodanige tersiere instelllngs is onder andere Magistergraad in Bedryfsleiding, Magistergraad in Bedryfsadministrasie en Magistergraad in Ondernemingsbestuur. Die afkorting MBA word hedendaags gebruik om te verwys na In Magistergraad in bestuurswese. Vir doeleindes van hierdie studie sal die begrippe bestuurskursus en bestuursopleiding sowel as die afkorting MBA verwys na In Magistergraad in bestuurswese. Hierdie studie fokus op bestuursopleiding as deel van menslike hulpbronontwikkeling.

Identiferoai:union.ndltd.org:netd.ac.za/oai:union.ndltd.org:uj/uj:3739
Date10 February 2014
CreatorsCoetzer, P.D.
Source SetsSouth African National ETD Portal
Detected LanguageUnknown
TypeThesis
RightsUniversity of Johannesburg

Page generated in 0.0019 seconds